
VERRIGTINGE VAN DIE WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT


Die Huis kom om 14:15 byeen.

Die Speaker neem die Stoel in en lees die Gebed.

AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE-kyk bl 896.

INTERPELLASIES, VRAE EN ANTWOORDE - kyk bl 206.

NASIONALE KONDOOMWEEK

(Voorstel)

*Die MINISTER VAN GESONDHEID: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis erkenning verleen aan die loodsing van Nasionale Kondoomweek vandag, met die klem op seksueeloordraagbare siektes, en verder erkenning daaraan verleen dat individue meer verantwoordelikheid moet neem vir hul eie lewenstyle en dat die basiese verantwoordelikheid vir beoefening van veilige seks by die mans in die gemeenskap berus.

Goedgekeur.

GELUKWENSE AAN PROTEA-KRIEKETSPAN

(Voorstel)

*Mnr E ISAACS: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die Huis die nasionale krieketspan gelukwens met die oorwinning oor Engeland en Zimbabwe in die driehoekige eendaagse krieketreeks, en verder Hansie Cronj en sy span alle sukses met hul toer na Indi toewens.

Goedgekeur.

WES-KAAPSE AANSUIWERINGS-
BEGROTINGSWETSONTWERP, 2000

(Debat oor Tweede Lesing)

Mnr A ISMAIL: Mnr die Speaker, oor die verslag van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oor die Wes-Kaapse Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp [W 2-2000], gedateer 11 Februarie 2000, rapporteer ek graag soos volg:

Nadat die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Wes-Kaapse Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp [W 2-2000], wat na hom verwys is, het hy die eer om soos volg verslag te doen:

Die Komitee betuig sy waardering vir die voorleggings van die provinsiale departemente en wil hulle gelukwens met die gehalte van die inligting wat hulle verskaf het op vrae wat deur die lede gestel is.

Begrotingspos 2: Provinsiale Parlement

Die Komitee het geen getuienis aangehoor oor Begrotingspos 2 nie.

Mnr die Speaker, die een aangeleentheid waaroor die staande komitee graag kommentaar wil lewer, is die dokumentasie wat saam met die Aansuiweringsbegroting voorsien was, naamlik die verklarende memoranda van die onderskeie departemente. Ons het gemerk dat die verklarende memoranda almal in formaat verskil. Elke departement l sy memorandum in 'n ander formaat voor as di van ander departemente.

In die tweede plek bevat die verklarende memoranda verskillende vlakke van inligting. Mnr die Speaker, by die beoordeling van 'n aansuiweringsbegroting word ander maatstawwe aangel. Die grootste deel van die boekjaar is nou agter die rug en die fokus is op die Regering se prestasie teen die agtergrond van die lofwaardige voornemens wat in die Hoofbegroting uiteengesit is.

Die Aansuiweringsbegroting word onder meer beoordeel aan die hand van die volgende maatstawwe: die finansile dissipline van die Provinsiale Regering ten opsigte van oorbesteding; of besparings die resultaat is van verbeterde administrasie of van die nie-lewering van dienste; hoe oorbesteding gefinansier word; en hoe die Regering beplan om 'n moontlik gunstiger as verwagte inkomstevloei aan te wend.

*In komitee was daar baie negatiwiteit. So lank as wat negatiwiteit en 'n gees van vernietiging jeens die edele poging om alle kwalifiserende kiesers vir die plaaslike regeringsverkiesings wat vir later vanjaar beplan word, te registreer, in die Wes-Kaap losgelaat word, sal ons provinsie nie in staat wees om sy probleme te hanteer nie. So lank as wat 'n gees van verkleinering en vernietiging uit hierdie Provinsiale Parlement kom, sal ons nie slaag nie. So lank as wat enigiets wat hierdie Provinsiale Parlement probeer doen in die mees verdraaide vorm aangebied word, sal ons nie slaag nie.

Dit wat J F Kennedy wat ges het: "Let us never negotiate out of fear. But let us never fear to negotiate." Hoe waar is dit nie!

As ons nalaat om die geleentheid te gebruik om alle kwalifiserende kiesers in ons provinsie te registreer, sal ons uiteindelik die slagoffers van ons eie gevangenskap word. Wat is die waarde van die Grondwet as ek die reg onts word om te stem omdat ek nie die nodige fondse het om te registreer nie? Is die Grondwet die papier werd waarop dit geskryf staan as ek te arm is om te stem? Kan enige party wettiglik regeer as dit nagelaat het om te verseker dat elke arm persoon ouer as 18 jaar stemreg gegee word? Kan die ANC werklik as die ware vryheidsvegters beskou word ... [Tussenwerpsels.] ... as hulle struikelblokke plaas op die pad sodat kiesers sonder 'n staafgekodeerde ID nie kan stem nie? Of het die onderdruktes nou die onderdrukkers geword?

Die geleentheid bestaan om die ergste soort diskriminasie te verwyder - die ontsegging van stemreg aan alle Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 18 jaar. Tog baklei die ANC-lede in die staande komitee nou, en loop hulle selfs uit die komitee uit, om aan te toon hoe hartstogtelik hulle gekant is teen finansile en fisiese pogings om kiesers te help om by die Departement van Binnelandse Sake te registreer. Dit bots lynreg met demokrasie.

Mnr die Speaker, ek wil vandag onvoorwaardelik s dat ek elke wetlike poging om elkeen van die ongeregistreerde een miljoen kiesers sonder 'n staafgekodeerde ID te registreer, onderskryf. Ek sien uit na 'n vry en regverdige plaaslike regeringsverkiesing. Deur die inisiatief te neem om diskriminasie uit die weg te ruim, toon hierdie plaaslike regering sy goeie trou ten opsigte van sy verbintenis tot die hervormingsproses.

Een van die doelstellings van hierdie Provinsiale Regering is om stabiele, lewensvatbare plaaslike regerings met sterk administrasies te skep. 'n Stabiele derdevlak-regering is 'n voorvereiste vir 'n stabiele gemeenskap, en 'n stabiele gemeenskap is 'n voorvereiste vir vrede en rustigheid in die Wes-Kaap.

Die stappe wat gedoen is om die OVK en die Departement van Binnelandse Sake te help met die voorbereiding van die registrasiedokumente en foto's is derhalwe 'n duidelike aanduiding van die ho premie wat die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap hierop plaas.

Ons moet die konstitusionele hervormingsproses op plaaslike regeringsvlak stimuleer, want 'n aanvaarbare en wettige regeringstelsel op die plaaslike vlak is net so belangrik as om die gemeenskap te stabiliseer.

Mnr die Speaker, waarom het die voormalige President 28 jaar lank in die tronk deurgebring, terwyl ons, die mense van kleur, daaroor kon praat en onderhandel? [Tussenwerpsels.] Dit is omdat ons, die mense van kleur, nie stemreg gehad het nie. Families is vermoor en mense is opgesluit, tog baklei die agb lede van die ANC vandag teen die feit dat ons opreg probeer het om te verseker dat elke wettige Suid-Afrikaanse kieser ouer as 18 jaar geregistreer word.

Mnr die Speaker, ek doen 'n beroep op almal vir wie hervorming erns is en wat die nuwe Suid-Afrika 'n beter Suid-Afrika wil maak, en meer bepaald vir wie die registrasieproses erns is, om van my uitnodiging gebruik te maak om na vore te kom met advies en deel te h aan ernstige gesprek op die gebied van plaaslike bestuursontwikkeling. Ek is ernstig hieroor, die Provinsiale Regering is ernstig hieroor, en ek vertrou elke agb lid is ook ernstig hieroor.

Mnr die Speaker, daar bestaan 'n behoefte dat ons die nodige registrasieproses nou finaliseer sodat ons entoesiasties kan deelneem aan die heropbouprosesse. Alle Suid-Afrikaners wat aan hierdie prosesse deelneem, kan as pioniers en brugbouers beskou word.

Dit is die standpunt van die Provinsiale Regering dat die basiese reg om te stem erken moet word. Ons glo ten sterkste dat hoe gouer die registrasieproses van die grond gebring en afgehandel word, hoe beter. Dit sal in die belang van alle betrokkenes wees en ook die vrese en suspisies wat die rondte doen, besweer.

Die agb lede me Essop en mnr Ozinsky van die ANC is beslis moedswillig wanneer hulle beweer dat die Nuwe NP en die DP eenvoudig die ANC sal dwing om in lyn te kom. Dit is beslis nie die oogmerk van hierdie kant van die Huis nie, en ons sal baie beslis nie daaraan deel h nie.

Mnr die Speaker, in die tyd wat ek oor het, wil ek die ANC graag versoek om op te hou om agter ons re te staan terwyl ons agter hulle staan. [Gelag.] Ons staan rug aan rug, terwyl ons in verskillende rigtings kyk. Terwyl die Nuwe NP na die Ooste kyk en wag dat die son opkom, kyk die ANC na die Weste en wag op die oordeelsdag. [Gelag.] Ek s aan die agb Leier van die Opposisie, "Yo-mhal-khiyamat," want dit is die enigste dag wat die son in die Weste sal opkom. [Tussenwerpsels.] Ons moet vorentoe gaan en oor hierdie dinge praat, sodat ons die beste belange van die gemeenskap van die Wes-Kaap kan dien.

Mnr die Speaker, die Nuwe NP ondersteun die Aansuiweringsbegroting soos voorgel.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek wil dit boekstaaf dat die ANC beswaar aangeteken het teen die goedkeuring van die Aansuiweringsbegroting voor ons, en ek sal in my toespraak die redes daarvoor aandui. Dit is egter baie interessant dat die agb lid mnr Ismail, die voorsitter van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe, inderdaad vandag nie 'n behoorlike verslag van daardie komitee aan die Huis kon voorl nie.

Die mees opsienbarende voorval het Vrydagoggend in daardie komitee plaasgevind, toe die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning gedwing is om aan SKOF te erken, as gevolg van die kruisondervraging van sy eie departement oor uitgawe oor kieserregistrasie, dat hy verkeerde inligting oor fondse wat ons gemagtig het, aan die Huis gegee het. Wel, ek wil nie die woord "ons" gebruik nie. Dit was oor fondse wat hulle in die Huis gemagtig het. [Tussenwerpsels.]

Dit is geboekstaaf dat die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning dit by 'n vergadering van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe erken het. Ek vertel nie 'n onwaarheid aan die Huis nie. Die waarheid is dat die agb Minister erken het dat hy hierdie Huis en al sy agb lede verkeerde inligting oor die magtiging van ongemagtigde uitgawe gegee het - dit van die agb Minister aan die hoof van finansies in hierdie Provinsie. Dit is 'n skandaal.

Ons vra om die bedanking van die agb Minister, maar ek wil verder gaan. Ons het gehoor die agb Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding is vandag uit die agb Premier se Kabinet ontslaan. Dit is baie interessant. Dit is baie duidelik dat die agb Premier steeds die Broederbond-lyn volg, deurdat hy nie die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning geteiken het nie, wat baie duidelik - opsetlik of nie opsetlik nie - die Huis mislei het. Hy het bewys dat hy geheel en al onbevoeg is om as 'n Minister aan die hoof van finansies of as bewaker van belastingbetalersgeld te wees, en tog sit hy steeds in sy bank sonder enige sensuur, is hy nie ontslaan nie en onaangeraak.

Die agb Premier verkies om eerder die Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding te teiken, een van die paar kleurling-Ministers in daardie Kabinet, en een Minister wat ons geglo het aan armoedebestryding toegewy sou wees. Die agb Premier het na die Broederbond geluister. Hy sal altyd na die Broederbond luister en sy party sal 'n sterwende party word.

Mnr die Speaker, die hele proses van die Finansiewetsontwerp en die Aansuiweringsbegroting skyn 'n toesmeerdery of wangebruik van belastingbetalersgeld vir verkiesingsdoeleindes te wees.

Ek wil iets boekstaaf, want ons het 'n aanmatigende koor aan daardie kant wat beweer dat die ANC nie demokrasie ondersteun nie, dat dit nie registrasie ondersteun nie. Tydens die eerste twee rondtes van registrasie voor die nasionale verkiesing verlede jaar het die ANC uitgegaan om mense te mobiliseer om te registreer. Trouens, die Nuwe NP en die DP het die hele proses in die Konstitusionele Hof betwis en daarna hulle kiesers aktief ontmoedig om te registreer.

Toe hulle die Konstitusionele Hof-saak verloor het, het hulle besluit om al hulle kragte aan die Maart-registrasie te wei. Hulle het dit nie net gedoen nie, maar ook belastingbetalersgeld gebruik om die registrasieproses in die laaste rondte te bevorder, en hulle is deur hierdie Parlement en het ongemagtigde uitgawe vir daardie doel gemagtig. Dit is nie al wat hulle gedoen het om belastingbetalersgeld vir verkiesingsdoeleindes te gebruik nie.

Die agb Premier het onlangs in die Huis opgestaan en aangekondig dat R5,5 miljoen aan kieserregistrasie gewy gaan word, en dit is baie duidelik uit die getuienis dat die hele proses weer eens op misbruik slaan. Ons kon nie getuienis oor die R5,5 miljoen kry nie, maar ons het gehoor dat vier foto's geneem sou word. Een foto sal in die Kantoor van die Direkteur-generaal op ler gehou word saam met bedigde verklarings, wat beteken dat ons 'n pasklaar ler met foto's van potensile kiesers en hul adresse in die Kantoor van die Direkteur-generaal het. En dan s hulle dit is nie-inmenging in die verkiesingsproses! Hulle praat van 'n vry en regverdige verkiesing, maar dit gaan in werklikheid die hele proses minder geloofwaardig maak.

As hulle so besorg was oor 'n vry en regverdige proses, moet hulle die geld aan die OVK gee, wat 'n grondwetlike instelling is wat belas is met die prosesse rondom verkiesing. Hulle het verkies om dit nie te doen nie, en die R5,5 miljoen is weer eens 'n misbruik van belastingbetalersgeld vir die verkiesingsveldtog van die Nuwe NP en DP. In die vorige kieserregistrasieproses is R316 000 aan die KMR gegee, en daar is nie rekord daarvoor nie. Daar is vae stories oor foto's wat geneem word. Weer eens moes dit deur die Aansuiweringsbegroting goedgekeur word.

Mnr die Speaker, ek wil vir agb lede iets uit 'n brief voorlees van die Direkteur-generaal van hierdie Provinsie aan die provinsiale Tesourie. Ek wil byvoeg dat die provinsiale Tesourie nie ingestem het met die proses rondom uitgawe in die Finansiewetsontwerp nie. Weer eens, oor hierdie saak, was daar huiwering om goedkeuring te verleen. Ek wil voorlees wat die Direkteur-generaal oor die saak s:

My understanding is that the Provincial Treasury Committee will meet when the process of registration has been completed to consider the total cost of the Provincial Administration's contribution to the process, and to advise the Cabinet on how such costs are to be met, as well as what steps need to be taken to legalise such expenditure. 

Dit is baie duidelik dat hulle van die begin af geweet het dat die besteding onwettig was en stappe gedoen het om dit te wettig. Waarom? Hulle het dit gedoen, want indien daardie uitgawe nie ingevolge die Wes-Kaapse Skatkiswet gemagtig sou word nie, sou die Direkteur-generaal van hierdie Provinsie persoonlik aanspreeklik gehou word vir die geld wat op hierdie onwettige manier bestee is.

Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning is verantwoordelik vir 'n toesmeerdery in hierdie Parlement, en hy moet ontslaan word, asook die Ministers wat verlede jaar een na die ander opgestaan het.

Die agb Minister van Gesondheid is op rekord dat hy ges het dat daar geen verlies vir die diens was nie. Die geld is na 'n provinsiale inkomsterekening oorgeplaas. Die agb Minister was verkeerd. Dit is nooit na 'n provinsiale inkomsterekening gestuur nie. [Tussenwerpsels.] Dit het in getuienis uitgekom.

Dit is jammer die agb Minister van Onderwys, wat altyd so deursigtig en verantwoordbaar is, is nie hier nie. Sy het vir ons ges dat die volle bedrag terugbetaal is. Trouens, daardie bedrag, insluitende die R52 354 en 'n paar los sente, sou deur die provinsiale Tesourie terugbetaal word. Sy het verder ges, "My understanding is that the full amount will be reimbursed." Tydens getuienis het dit baie duidelik geword dat die volle bedrag nie terugbetaal is nie.

Die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning is op rekord as sou hy ges het dat hierdie geld na 'n sentrale provinsiale fonds gegaan het. Die agb Minister van Vervoer en Werke het opgestaan en ges dat die geld na 'n sentrale provinsiale inkomsterekening gegaan het. 'n Aantal ander agb Ministers het in hierdie Huis opgestaan en vir ons ges dat hulle nie vir ons detail kon gee nie, maar weet dat dit na 'n provinsiale inkomsterekening gegaan het op aandrang van die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning, wat daardie deuntjie in hierdie Huis begin het, wat nie vir ons inligting kon gee nie en tog voortgegaan het en hierdie geld gemagtig het.

Mnr die Speaker, ons wil 'n beroep op die nasionale Regering doen om hierdie geld te ondersoek. Ons wil 'n beroep op die nasionale Minister doen om die besteding van R5,5 miljoen vir die agb Premier se volgende verkiesing "sleaze fund" te ondersoek. Ons sal dit nie uitlos nie. Ons maak beswaar teen die Aansuiweringsbegroting. Ons is nie tevrede dat die agb Ministers behoorlik opgetree het nie. Hulle moet die Huis om verskoning vra. Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning behoort te bedank. Hy is nie geskik om 'n Minister aan die beheer van finansies te wees nie. Hy verstaan en pas nie die wet toe wanneer hy dit moet doen nie.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: As ek gimnasium toe gaan, dan ... [Onhoorbaar.]

*Me T ESSOP: Hy het toegelaat dat 'n onwettige proses plaasvind. Hy kan grappies hieroor maak, maar ons is nie ligsinnig nie. Sy enigste verweer is, soos wat die agb lid mnr Strachan ges het, ligsinnigheid, maar dit is nie snaaks nie. [Tussenwerpsels.] Ons het belastingbetalersgeld aan hierdie verkiesingsfonds bestee. Hy het belastingbetalersgeld bestee en kon nie daarvoor aan hierdie Huis verslag doen nie, maar het voortgegaan en die proses gestoomroller. Hy het dit deur die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe gestoomroller, sonder enige getuienis van enigiemand. Hy het die Finansiewetsontwerp deur hierdie Huis gestoomroller sonder dat hy met enige detail oor daardie besteding na ons gekom het.

In enige normale demokrasie sou dit 'n skandaal van die ergste graad uitmaak. Die agb Premier moet die mense wat verantwoordelik is, in die pad steek. Hy moet nie ander teiken nie. Trouens, as ek reg onthou, was die agb Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding die enigste Minister wat niks ges het oor geld wat na 'n provinsiale inkomstefonds gegaan het nie. Hy kon hier verslag lewer oor daardie geld. Dit is in Hansard. Ek kan dit vir hom voorlees, as hy wil.

Die res van die agb Ministers het die Huis opsetlik hier mislei. Hulle is onbevoeg en hulle moet die Huis om verskoning vra. Die agb Minister het ges hy sou vandag hier kom verskoning vra het. Hy het nie aan die begin opgestaan nie. Hy moes heel aan die begin van hierdie vergadering opgestaan en die Huis om verskoning gevra het. Hy moet in die pad gesteek word. Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning moet bedank, want hy is nie geskik om 'n Minister in beheer van finansies in hierdie Provinsie te wees nie.

*Die SPEAKER: Orde! In die laaste of voorlaaste sin het die agb lid me Essop ges dat die agb Minister die Huis opsetlik mislei het. Ek kan dit nie toelaat nie. Die agb lid sal die woord "opsetlik" moet terugtrek.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, die agb Minister het die Huis Woensdag verlede week mislei.

*Die SPEAKER: Orde! Dit is 'n erkenning dat die agb lid die gewraakte woord terugtrek.

*Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe het oor die afgelope paar dae getuienis van die meeste departemente aangehoor oor 'n skoon en doeltreffende Administrasie wat lewering aan die armes van hierdie provinsie ... [Tussenwerpsels.] ... as sy sleutelprioriteit het.

Die stem van R5,5 miljoen in die Wes-Kaapse Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp is 'n voorbeeld van verstandige fiskale bestuur en verantwoordbaarheid. As ons die casinolisensiegeld, die diensvoorwaardetoekennings en die voorwaardelike toekennings van nasionale departemente wegneem, word ons gelaat met provinsiale departemente wat grootliks op koers gebly het, ondanks ernstige beperkende begrotings. Baie hiervan is te danke aan verbeterde finansile verslagdoening, wat hierdie kant van die Huis 'n aantal jaar lank reeds vra.

'n Mens is natuurlik steeds besorg oor die lae inkomstevlakke wat alle provinsiale begrotings aan bande l, insluitende die onderverhaling van kritieke sake, soos hospitaalgelde. As ons egter in hierdie Provinsie kan innoveer - en ek is seker hierdie aspek sal weer in die Hoofbegroting bespreek word - sal ons ons eie inkomste kan verhoog. Die Departement van Gesondheid het, byvoorbeeld, vir ons van planne vertel om private pasinte te lok op 'n manier wat inkomste vir die departement sal aanvul. Ons aan hierdie kant van die Huis ondersteun hierdie pogings ten volle, wat die uitwerking sal h dat dienste aan die armes van die provinsie gesubsidieer sal word.

Mnr die Speaker, ons is insgelyks verheug om te sien dat die aanvanklike effek van die casinolisensie-inkomste uiteindelik deurwerk tot lewering op die grond. Die vertragings in hierdie verband het die Provinsie ongekende miljoene in verlore inkomste gekos, en ons was baie bly om te sien dat die histories kontantgeknelde Departement van Vervoer en Werke bystand ten bedrae van R79 miljoen ontvang het. Ek het geen twyfel nie dat die mense van Robertson, Worcester, Vredenburg, Saldanha, Malmesbury en alle padgebruikers op die N1 die voordele van hierdie geld sal geniet.

Ons is egter steeds besorgd oor 'n gebrek aan fondse vir sulke skilderagtige paaie soos by Chapman's Peak. Die arme departement het min in sy begroting om in hierdie verband te help en toeriste sal uiters teleurgesteld wees om 'n "gesluit"-teken by die ingang te sien. Sulke wreldklas-prag is van kardinale belang vir toerisme en werkskepping, en moet nie toegelaat word om te verval nie.

Mnr die Speaker, op 'n positiewe noot, die Wetsontwerp verskaf ook 'n belangrike afskop in die Kantoor van die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme vir die internasionale konferensiesentrum. Ons verwelkom hierdie aspek van die Wetsontwerp, aangesien dit almal in die provinsie sal bevoordeel, insluitende toerisme.

Hoewel ek nog betroubare syfers moet sien, kan ons aanvaar dat die bevolking van ons provinsie toeneem as gevolg van wanadministrasie in die naasliggende Oos-Kaap. Gegewe die druk op al ons maatskaplike dienste, is dit selfs meer lofwaardig dat oorbesteding nie 'n kenmerk van die Aansuiweringsbegroting was nie. Ek stem heelhartig met die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning saam toe hy die Sentrale Regering ernstig gekritiseer het omdat hy nie met die beloofde ramplenigingsgeld vir die Manenberg-tornadoramp na vore gekom het nie.

Mnr die Speaker, met ons beperkte Begroting is dit 'n onhoudbare situasie sou ons in die toekoms met soortgelyke rampe te make kry. Die arm mense in die provinsie word deur die Sentrale Regering benadeel - maar hulle is vinnig om vir politieke gewin verligting te beloof.

Mnr die Speaker, daar is baie min lewering van die Sentrale Regering vir die armes in hierdie provinsie. Gegewe hierdie beperkings, wil die DP sy dank en waardering betuig met die Administrasie vir die professionele manier waarop hulle oor die afgelope paar dae die oorsig aangebied het.

Mnr die Speaker, ons beraadslagings in SKOF is oor die algemeen doeltreffend hanteer. Was dit nie vir een bepaalde saak nie, sou ons ons skrutinering van die onderskeie departemente vroeg afgehandel het. In plaas daarvan is die staande komitee onderwerp aan voortdurende pogings van die ANC om die besteding van R3 miljoen vir Program 2, Kantoor van die Direkteur-generaal, vir die bykomende toewysing vir die registrasie van kiesers vir die komende munisipale verkiesings, te torpedeer.

Ons is uiters besorg daaroor dat die ANC doelbewus die maksimum moontlike registrasie van kiesers in die Wes-Kaap opsetlik probeer frustreer en vertraag. Daar is vasgestel dat een miljoen potensile kiesers in die provinsie nie voor die verkiesing in Junie 1999 geregistreer is nie. 'n Bedrag van R3 miljoen sal in geaffekteerde gebiede gebruik word vir 'n deur-tot-deur-registrasieveldtog, insluitende die betaling vir ID-foto's en aansoeke vir behoeftige kiesers.

Mnr die Speaker, tydens die samesprekings in die staande komitee oor die Wes-Kaapse Aansuiweringsbegroting het dit duidelik geword dat die ANC in die Provinsie vals tegniese redes wou gebruik om die registrasieproses te saboteer. [Tussenwerpsels.] Die ANC keer die demokratiese proses van kieserregistrasie, aangesien baie van hierdie kiesers wat nog nie geregistreer het nie, in gebiede woon wat tradisioneel nie daardie party ondersteun nie. Ons kan slegs aflei dat die ANC selektiewe demokrasie toepas deur die registrasie van kiesers te probeer beperk noudat hulle vestings bedien is.

Ons aan hierdie kant van die Huis is vasberade om die Grondwet in stand te hou soos wat dit veronderstel is om te gebeur, deur kiesers te probeer registreer, ongeag wie hulle mag of nie mag ondersteun nie. Die DP glo dat die omslagtige kieserregistrasieproses wat op die kiesers van hierdie land afgedwing word deur alle regeringsfere makliker gemaak moet word. Die pogings van die ANC in die Wes-Kaap om hierdie proses te laat ontspoor, bots lynreg met demokrasie en hulle gebondenheid aan die Grondwet. Ons aan hierdie kant van die Huis veroordeel enige poging deur die ANC om enige wettige bystand aan 'n oorwerkte en onderbemande Departement van Binnelandse Sake aan bande te l.

Mnr die Speaker, die ANC was nie net daarop uit om die registrasieproses te laat ontspoor nie. In hul oorgretige pogings om dit te doen, het hulle die integriteit van die Administrasie en sy amptenare ernstig aangetas. Om die geheimhouding van registrasiedokumente en foto's in besit van die Administrasie te bevraagteken, kom neer op 'n bevraagtekening van die bona fides van alle amptenare wat in besit van vertroulike inligting is. Waarom is die ANC selektief met die bevraagtekening van hierdie amptenare wanneer hulle nie die rekords bevraagteken wat die agb Minister van Onderwys van al die skoolleerlinge of onderwysers in haar departement het nie, of, byvoorbeeld, begunstigdes in die Departement van Maatskaplike Dienste nie? 

Mnr die Speaker, 'n mens kan nie selektief wees om te besluit wie jy nie vertrou nie. As ons nie ons amptenare vertrou om apolities in die registrasieproses te wees nie, vertrou ons hulle nie om hulle pligte objektief uit te oefen nie. Die ANC is 'n apologie aan die Administrasie verskuldig vir die manier waarop dit ... [Tussenwerpsels.] ... die Administrasie tydens die SKOF-beraadslagings beswadder het. [Tussenwerpsels.]

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr D SILKE: Mnr die Speaker, die ANC is eenvoudig bang dat as mense geregistreer word wat nog nie geregistreer het nie, hulle die plaaslike regeringsverkiesings sal verloor. [Tussenwerpsels.]

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Mnr D SILKE: Dit is die eenvoudige waarheid. Om hulle te bly hoor kerm en elke keer halmpies aan te gryp wanneer hulle dink dat hulle foutiewelik sekere ammunisie in 'n debat het, is eenvoudig pateties.

Dit het die werksaamhede van SKOF besoedel, wat andersins min aanvegbaar in hierdie Wetsontwerp gekry het. Dit is vir die DP aangenaam om die Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp te ondersteun.

*Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, in die boek deur Miguel de Cervantes, maak sy karakter Don Quixote 'n interessante opmerking wanneer hy die volgende s, en ek haal aan:

If the dogs are barking, there are signs that the horses are galloping.
Ek staan op ter ondersteuning van die Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp. Dit bring etlike vrae na vore.

In die eerste plek is ek besorg daaroor dat die agb lid me Essop die Huis mislei het, en ek wil graag die rekord regstel. Ons indruk in die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oor die oogmerk van die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning was dat 'n provinsiale inkomsterekening geopen is en dat alle inskrywings daarin geplaas is, en dat hy in daardie verband formeel verskoning sou aanbied.

AGB LEDE: Wanneer?

Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, daar was geen reling oor wanneer dit moes gebeur nie. Al wat ek weet, is dat hy deursigtig hieroor was.

Ek wil ook graag die rekord regstel betreffende 'n ander indruk wat ek het. Die agb lid me Essop het ges dat die agb lid mnr Marais die enigste Minister was wat nie enige opmerking gemaak het nie. My herinnering was dat hy die eerste Minister was wat 'n opmerking gemaak het, dat die provinsiale inkomsterekening 'n globale rekening was waarin alle inskrywings geplaas sou word. Ek was eens deel van die Kabinet, en as ek 'n opmerking moes maak en hierdie rekenings moes kritiseer, sou ek ook gedink het dat daar een globale provinsiale inkomsterekening was waarin alle inskrywings sou gaan.

Daarom, mnr die Speaker, van ons kant wil ek graag s dat ons geensins sien dat die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning die bedoeling gehad het om die Huis te mislei of dat hy in werklikheid die Huis mislei het nie.

Ons tweede punt is dat die Direkteur-generaal spesifiek na die SKOF-vergadering gekom het en 'n uiteensetting van die gebeure gegee het. Daarna het sy regsadviseur kom terugrapporteer dat die foto's nie in die Kantoor van die Direkteur-generaal gehou sal word nie, maar dat hulle 'n ander persoon sal aanwys om daarna om te sien. [Tussenwerpsels.] Die agb lid me Essop het dus die Huis mislei met wat sy ges het, nadat sy 'n volledige, skriftelike verduideliking gekry het dat daardie foto's nie in die Kantoor van die Direkteur-generaal gehou sou word nie, maar in 'n ander persoon se kantoor. [Tussenwerpsels.]

Willie Brits, die Ouditeur-generaal, is die mees senior persoon in 'n finansile kapasiteit wat met die finansies werk. Hy is nie deel van die Regering nie. Hy is deel van die Staatsdiens. [Tussenwerpsels.] Individue soos daardie agb lede moet weet dat 'n mens aanspreeklik moet wees en moet wys watter besteding daar was. Die foto's en administrasievorms is 'n manier om te wys dat daar aanspreeklikheid en deursigtigheid is. As ek in 'n maatskappy was, sou ek presies dieselfde vereis het. Dit is reg. [Tussenwerpsels.] Daar is nie 'n probleem hier nie.

Mnr die Speaker, dan is daar die groot probleem van die verkiesingsbefondsing. Kom ons kyk na die vlak en die waardigheid van die debat in hierdie proses. Wat die ANC moes gedoen het, was om oor die beginsel te praat, en nie bloot oor hoe die geld bestee is nie. Ek wens hulle daarmee geluk dat hulle in hierdie proses hulself as bewakers van die geld beskou. Daar is geen probleem daarmee nie. Hulle praat egter nie oor die beginsel nie.

Ek weet dat kollegas aan hierdie kant oor die feit gepraat het dat hulle die beginsel ondersteun dat ons wel in 'n verkiesingsveldtog deelneem om kiesers vir die verkiesing te registreer. Ek wil graag hoor dat enigeen van hulle vandag s of hulle dink dit is 'n goeie of slegte ding dat ons soveel moontlik mense registreer, en dan 'n alternatiewe proses of alternatiewe bedrag voorstel. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ons het gevoel dat die waardigheid van hierdie Huis aangetas is. Die vrae was ligsinnig. Daar was geen debat nie; trouens, dit was net 'n verdere rondte van ou slagspreuke. Ons het ongelukkig steeds 'n klimaat waarin dit vir politieke teenstanders moeilik is om mekaar te vertrou en eerlik te praat. Dalk moet die eerste probleem oorkom word, ten einde 'n proses van diskoers te bou, waar die verskil gaan oor idees eerder as oor naakte selfbelang.

Wat die begrotingsrekening betref, wil ek die Administrasie weer eens daarmee gelukwens dat hulle getoon het dat hulle in beheer is. Ons kon glad nie sekere kritieke sake uitwys nie. Trouens, ek kan aan slegs twee sake dink wat ons kon uitsonder. Hulle verdien werklik krediet. [Tussenwerpsels.]

Ons wil graag die volgende twee opmerkings maak. [Tussenwerpsels.] Die eerste is oor MTEF-begroting. [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde! [Tussenwerpsels.] Orde!

Mnr M LOUIS: Mnr die Speaker, soos dr Stegmann sal weet, glo ons, hoewel MTEF-begroting 'n eerbare gedagte is, dat oorbegroting in sekere poste en die oorplasing van die geld na verskillende departemente 'n bespotting van die MTEF-proses maak. Dit is iets waaraan ons aandag moet skenk, om toe te sien dat daar in die toekoms struktuur en orde is.

Die tweede opmerking gaan oor inligtingsdienste. As daar een afdeling is wat ons nooit kan beheer nie, is dit inligtingsdienste. R99 miljoen is egter vanjaar begroot en bestee. Daarby is hierdie begroting met R8,43 miljoen verhoog, wat dit op R107 miljoen te staan bring, terwyl ons slegs R5 miljoen aan toerisme bestee. Mnr die Speaker, ons het R100 miljoen vir inligtingsdienste begroot, ons het daardie begroting selfs met R8 miljoen verhoog, en ons gee aan Toerisme, 'n groot genereerder van inkomste, slegs R5 miljoen. Iets is nie reg nie! Die sorgwekkende element, wanneer dit by inligtingsdienste kom, is dat daar geen wigte en teenwigte kan wees nie. Ons moet dit in gedagte hou. [Tyd verstreke.]

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil eerstens sommige van die wanvoorstellings van die ANC se posisies wat hier na vore gebring is, hanteer, en met die feit begin dat dit nie vir ons 'n ligsinnige saak is nie. Dit is 'n baie ernstige saak wat oor belastingbetalersgeld van miljoene rand gaan.

My tweede punt is dat ons nie, soos wat ek later in my toespraak sal aantoon, amptenare aanval nie. Trouens, dit is die amptenare in die Tesourie-departement wat eerste die punte geopper het wat ons verlede week in die debat geopper het en hier opper. Dit is omdat daardie amptenare hulle werk behoorlik gedoen het dat hulle agtergekom het dat die Provinsiale Regering op die punt was om ongemagtigde uitgawe aan te gaan. As gevolg daarvan het die Regering hom tot 'n aantal desepsies gewend. Hulle het 'n regsmening gaan kry, hulle het 'n besluit geneem om die ongemagtigde besteding aan te gaan, en so meer.
Ek wil dr Stegmann en sy span loof vir die werk wat hulle gedoen het. Ek loof hulle ook vir die wyse waarop hulle groot moeite gedoen het om vir ons die prosesse te verduidelik wat in die Tesourie en Regering gebruik word om oor geld verantwoording te doen, sodat ons vandag hier kon kom en die punte kon maak wat ons oor die Regering maak. Ek bedank dr Stegmann.

Ek het verlede Woensdag my toespraak begin deur te s dat dit 'n skandaal is. Dit is 'n skandaal omdat daar duidelik politieke manipulasie van geld in hierdie Huis is, daar is 'n gebrek aan beheer oor geld, en daar is 'n toesmeerdery en waninformasie. In daardie stadium het ons nie al die feite gehad nie, maar dit is vandag heeltemal duidelik dat elke punt wat ek gemaak het, bewaarheid is namate ons nader aan die hart van hierdie probleem gekom het.

Ter inligting van die agb lede mnre Louis en Silke, die ANC is nie teen kieserregistrasie gekant nie. Ons is selfs nie daarteen gekant dat die Regering geld vir kieserregistrasie gee nie. Waarteen ons wel gekant is, is die politieke manipulasie van daardie kieserregistrasie om die koalisie tussen die DP en die Nuwe NP te bevoordeel. [Tussenwerpsels.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Jy is op jou voete, so bewys dit! Ek daag jou uit om dit te bewys!

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek s dit omdat die Grondwet ... [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek maak hierdie punt omdat die Grondwet - die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning sal bly wees dat ek vandag 'n groot weergawe van die Grondwet saamgebring het - dit heeltemal duidelik maak dat dit 'n taak van die Regering is om op alle vlakke die onafhanklikheid van die OVK te beskerm. Die regsmenings wat die agb Minister bekom het, soos hierdie een van adv Heunis, beklemtoon daardie punt herhaaldelik.

Ek wil uit artikel 181 van die Grondwet aanhaal. Met betrekking tot die Openbare Beskermer, die Menseregtekommissie, die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe, die Kommissie vir Geslagsgelykheid, die Ouditeur-generaal en die Onafhanklike Verkiesingskommissie, wat almal onafhanklike instellings van die Staat is, bepaal subartikel (2), en ek haal aan:

Hierdie instellings is onafhanklik, en slegs aan die Grondwet en die reg onderworpe, en moet onpartydig wees en hul bevoegdhede en funksies sonder vrees, begunstiging of vooroordeel uitoefen en verrig.

Subartikel (3) bepaal:

Ander staatsorgane ... -

dit verwys juis na 'n staatsorgaan soos die Provinsiale Parlement -

... moet hierdie instellings deur middel van wetgewende en ander maatrels bystaan en beskerm ten einde die onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid en doeltreffendheid van hierdie instellings te verseker.

Dit het 'n refrein in die staande komitee en in die Provinsiale Parlement geword dat lede opstaan en s dat dit die plig van die Regering is om die doeltreffendheid van hierdie instellings te beskerm, maar hulle laat die voorafgaande paragraaf opsetlik weg, wat bepaal dat hulle die "onafhanklikheid, onpartydigheid, waardigheid" moet verseker, en slegs dan die "doeltreffendheid" van die instellings.

Mnr die Speaker, om ons basiese punt op te som, as hierdie Regering met kieserregistrasie wil help, as hulle die OVK wil help, moet hulle die geld aan die OVK gee wat dit onafhanklik kan hanteer volgens die wyse in die Grondwet uiteengesit.

Trouens, wat hierdie Regering inderdaad nou doen, is om funksies wat by die OVK tuishoort, onder die Kantoor van die Direkteur-generaal - in die Kantoor van die Premier, want dit val onder sy Begrotingspos - te sentraliseer. Dit is waarom ons s dat daar politieke manipulasie in hierdie proses is.

Dit is ook waar dat die OVK nie enige bystand in hierdie verband versoek het nie. Trouens, die Regering het na die OVK gegaan en ges: "Ons wil dit doen. Wat het julle daaroor te s?" Dit is nie 'n versoek van die OVK nie; dit is 'n versoek van die Regering. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, as die Regering met die proses wil help, moet hulle die geld aan die OVK gee. Ons kan ons die storm voorstel wat in die geledere van die party van die agb Minister van Onderwys in die Nasionale Vergadering sou uitbreek as die President van die land sou s, "My Kantoor sal R20 miljoen vir kieserregistrasie toewys, en dit sal deur die Kantoor van die Direkteur-generaal van die President beheer word."

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, sal die agb lid 'n vraag neem?

*Mnr M OZINSKY: Nee, mnr die Speaker. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek vra die Regering wat sy mening sou wees as die President van hierdie land uit sy begroting amptenare in sy eie departement sou aanwys om kieserregistrasie in die land te bestuur. Waar sou die onafhanklikheid van die OVK wees? Dit is presies wat vir ons ges word wat hierdie Regering wil doen. Dit is om daardie redes dat ons hierteen gekant is.

Dit is in werklikheid net die spits van die ysberg. Soos wat uitgewys is, was dit die bedoeling van die Regering om 'n bedigde verklaring en afdrukke van die foto's van elke persoon wat wou registreer, in die Kantoor van die Direkteur-generaal te hou. Dit was eers nadat ons in die staande komitee dit vir die betrokke amptenare uitgewys het, dat hulle die Ouditeur-generaal gaan skakel het en teruggekom en ges het, "Jammer, ons het nie aan daardie probleem gedink nie, maar die Ouditeur-generaal stel nou die volgende voor."

Die punt wat ek maak, is dat hierdie hele proses nie deur die Regering deurdink is nie en as gevolg daarvan tot manipulasie gaan lei. [Tyd verstreke.]

Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, ten eerste wil ek aan die agb lid mnr Ozinsky s dat dit eienaardig is dat hulle eers gekibbel het oor die prosedure waarvolgens die geld bewillig moet word. Ek wil net weer s, en ek dink die agb lid mnr Louis het dit verkeerd aangehaal, dat daar 'n ou gesegde is wat lui, "Wanneer die karavaan by die oase aankom, blaf die honde, en wanneer die karavaan die oase verlaat, blaf die honde." Die honde sal altyd blaf met die aankoms en vertrek van die karavaan. [Tussenwerpsels.]

Toe ons daar gesit het, was dit vir my eienaardig dat hulle eers gekibbel het oor of die prosedure waarvolgens die geld verskuif word, die voorgeskrewe prosedure is. Die dag toe hierdie Wet deur die Huis goedgekeur is, het hulle egter nie met wysigings na vore gekom nie. Nou, na die lykskouing, is hulle almal slim.

Hierdie Wet bepaal dat wat ook al gedoen was, wettig is. Hulle het dit self gesien. Eers het hulle die Skatkiswet probeer. Hulle kon nie daar verbykom nie. Hulle het nooit in gedagte gehou dat hulle hierdie Wet moes gebruik om hul wysiging te laat aanbring nie. [Tussenwerpsels.]

Die agb lede moet mooi luister. Die Ouditeur-generaal s dat as daar 'n wet is wat dit magtig, dan is dit gemagtig. Jammer, jammer.

Ek wil verder gaan. Toe het hulle gehuil oor besparings. Hul redenasie was: "Hoe kan 'n mens besparings h? 'n Mens kan nie tydens die boekjaar besparings h nie." Hulle vergeet dat 'n mens besparings kan h as jy herprioritiseer. As jy herprioritiseer, kan jy 'n besparing bewerkstellig. Daar was geen fout daarmee nie. Daar was geen fout daarmee nie, en hulle stem ook saam daarmee, as dit so gedoen was.

Eienaardig genoeg, gepraat van besparings, gaan President Mbeki R800 miljoen aan Zimbabwe gee. Is dit waar? Is dit waar dat President Mbeki R800 miljoen aan Zimbabwe gaan gee? [Tussenwerpsels.] Maar daar is nie vir daardie geld begroot nie.

Hulle het stilgebly. Is dit dus waar dat R800 miljoen - R800 miljoen ...

*Me T ESSOP: Dit is nie die moeite werd om daarop te reageer nie.

Mnr N M ISAACS: Is dit nie waar nie? Is daardie agb lede nou seker dat hulle nie teen hulle eie party ...

*Me T ESSOP: Dit is nie R8 miljoen nie.

*Mnr N M ISAACS: O, dit is nie R8 miljoen nie. Hoeveel is dit dan nou?

*Me T ESSOP: S jy vir ons.

Mnr N M ISAACS: Eienaardig genoeg; hulle wil nie s nee, dit is verkeerd, nie en hulle wil ook nie s ja nie, maar hulle wil ook nie die bedrag aanvaar nie. Korrigeer my oor die bedrag. S vir die kiesers daar buite, s vir Suid-Afrika, s vir die Republiek ons gaan so 'n klomp geld van die belastingbetaler vir Zimbabwe gee. S dit! Hoekom is hulle nou skaam? Waarom kruip hulle nou in hul doppe?

*Me T ESSOP: Spreek jou Provinsiale Regering aan.
*Mnr N M ISAACS: O, "Spreek jou Provinsiale Regering aan", wanneer dit hulle pas! Die agb lid is baie selektief; sy wil slegs oor een bepaalde saak praat. Sy wil egter nie erkenning aan die ander sake verleen nie.

Ek moet die agb lid mnr Ozinsky tog bedank. Hy s dat hulle in beginsel geen beswaar teen die registrasie van kiesers het nie. Is dit korrek?

Mnr M OZINSKY: Dit is korrek.

Mnr N M ISAACS: Dit is korrek.

Mnr M OZINSKY: Maar nie deur 'n politieke party nie.

*Mnr N M ISAACS: Maar luister nou mooi. Ek hou van die manier waarop hy sake uitdruk - "Ons het geen beswaar daarteen nie."

*Mnr M OZINSKY: Maar nie deur die Regering nie.

Mnr N M ISAACS: Kyk hoe skelm lag die agb lid mnr Ramatlakane! Die agb lid mnr Ozinsky het geen beswaar nie, maar hy kom hier in en maak hewig beswaar oor die geld wat daar is. Die enigste probleem wat hy het, is dat die geld net nie deur die departement hanteer moes gewees het nie. Is dit korrek?

Mnr M OZINSKY: Ja! Die OVK is waar dit moet gaan.

Mnr N M ISAACS: Korrek! Die agb lid moes die regsmening gelees het.

Mnr M OZINSKY: Ek het!

Mnr N M ISAACS: Hierdie regsmening maak ook dieselfde aantyging wat die agb lid aangehaal het, naamlik dat daar ook gesien moet word dat "die onafhanklikheid van die OVK nie aangetas word nie". Dan verskil die agb lid mos nie met ons nie. Ja, hy verskil nie meer met ons hieroor nie.

Mnr M OZINSKY: Maar kom by die punt!

Mnr N M ISAACS: Nee, ons vat dit stukkie vir stukkie; die agb lid moet nie haastig raak nie.

*Me T ESSOP: Jy het nie 'n toespraak nie.

Mnr N M ISAACS: Ek het 'n toespraak, maar ek weet dat ek aan 'n debat deelneem om te antwoord op wat die opposisie die mense daar buite probeer wysmaak. Ek moet opstaan en daarop wys dat hierdie opposisie net besig is om die mense daar buite te mislei.

*Kom ons gaan terug na 1994. In 1994 kry mense staafgekodeerde IDs asof dit iets soos lekkers of sop is wat hulle uitdeel. In 1994 kry daardie mense almal staafgekodeerde IDs. Omdat dit hulle gepas het, het hulle nie 'n ophef gemaak nie; dit was heeltemal in orde. Wat het gebeur? Ons mense het nie staafgekodeerde IDs gehad nie. Hulle mense ... [Tussenwerpsels.] Hulle kiesers het staafgekodeerde IDs gehad, en noudat ons ons kiesers met die staafgekodeerde IDs gaan help, ons kiesers wat steeds die ou dokumente het, ... [Tussenwerpsels.] ... nou maak hulle 'n ophef.

Wanneer ons hierdie registrasies doen, vra ons egter nie aan mense aan watter party hulle behoort nie. Ons het almal gehelp. As dit weer gedoen moet word, sal ons weer ons mense registreer om hulle die reg te gee om aan die demokrasie deel te neem. Die een oomblik predik hulle demokrasie, en die volgende oomblik onts hulle hulle die reg om aan 'n demokratiese proses deel te h. [Tussenwerpsels.] Dit is wensdenkery, meneer!

*Mnr G R STRACHAN: Jou rekord is duidelik. Jy was nog altyd daarteen gekant.

*Mnr N M ISAACS: Die agb lid moet stilbly. Weet agb lede hoe daardie agb lid daar oorkant my op die eerste dag na die 1999-verkiesing gegroet het? Hy het ges: "Jy weet, Nick, dit is moeilik. Ek kon nie by Bishop Lavis inkom nie. Ons kon niks daar doen nie." Hoe kan hy dit nou durf waag om van my rekord te praat? Ek sal op my rug l, dan wen ek nog steeds 'n verkiesing teen hom!

*Me T ESSOP: Ja, jy moet op jou rug l, want jy hou daarvan.

*Mnr N M ISAACS: Die agb lid moet versigtig wees wat sy nou s, want ek kan iets anders s. Die goeie dame moet dink voordat sy haar mond oopmaak.

*Me T ESSOP: Dreig jy my?

*Mnr N M ISAACS: Ek het haar nie gedreig nie, maar sy sal nie eens haar opmerkings terugtrek en s sy is jammer nie.

*Me T ESSOP: [Onhoorbaar.]

*Mnr N M ISAACS: O, sy was op die punt om dit te doen. [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! Laat ons voortgaan.

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, hulle staan op en s dit kom op korrupsie neer en dat dit dit of dat is. 'n Mens kan hierdie raadsaal met baie wollerigheid vul, maar as jy nie die feite het nie, s ek vir hulle dit is nie die moeite werd om te luister na 'n storie wat deur 'n dwaas vertel word nie. Dit is soos om na 'n dwaas se storie te luister, want hulle kom hierheen en maak stellings en dan kan hulle dit nie daarna bewys nie.

As hulle vasstel dat die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning die Huis mislei het, waarom gebruik hulle dan nie die dissiplinre proses soos in die Rels neergel nie?

*Mnr M OZINSKY: Ons kom daarby. Ons het gedink hy sou eerbaar wees, maar hy is nie.

*Me T ESSOP: Omdat julle mense alles deur stoomroller.

*Mnr N M ISAACS: Ha, ha! Hoe kan hulle bang wees vir ...

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: die agb lid mnr Ozinsky het ges, "Ek het gedink hy sou eerbaar wees, maar hy is nie." Mag hy dit s?

*Die SPEAKER: Orde! Ek gaan my nie uitlaat oor tussenwerpsels wat nie met die debat inmeng nie. Die agb lid mnr Isaacs mag voortgaan.

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, as ek in hulle skoene was, sou ek kennis aan die Huis gegee het dat ek wil h dat die agb Minister voor 'n ad hoc-komitee verskyn. Hulle het egter nie die moed om dit te doen nie, want hulle weet hulle sal nrens daarmee kom nie, aangesien daar nie 'n feitelike basis is nie. Hulle weet vir 'n feit dat wat ook al gedoen is, deur die Wes-Kaapse Finansiewet reggestel is.

*Me T ESSOP: Deur te stem.

*Mnr N M ISAACS: Ja, deur te stem; korrek. Wat doen hulle in die Nasionale Vergadering? Hulle stem en bloc en stem mense uit. Dit is wat hulle aan die Ander Kant doen; ons sal hulle aan hierdie kant dieselfde medisyne gee. Ons sal julle uitstem. [Tyd verstreke.]

Mnr H A LEWIS: Mnr die Speaker, die samesyn verlede week in SKOF was baie leersaam en het aan 'n mens die geleentheid gebied om die groter prentjie van die prosedure rondom die Begroting, en meer spesifiek die Aansuiweringsbegroting, te begin verstaan. Ek wil my standpunt beklemtoon dat 'n mens nooit te oud is om te leer nie. Ek glo daarbenewens ook nie dat 'n mens skaam moet wees om jou gebreke te erken en daaraan te werk nie.

Die hantering van die Wes-Kaapse Finansiewetsontwerp [W 1-2000] en die openbaringe deur die onderskeie departemente tydens die hantering van die Aansuiweringsbegroting in SKOF wys op drie leemtes.

Ten eerste het bykans alle agb Ministers in hierdie Huis genoem dat fondse in hul Begrotingsposte na 'n sentrale fonds gekanaliseer was, waaruit betalings vir kieserregistrasie gemaak is. Aan die ander kant het baie van die departemente egter 'n ander weergawe gehad. Die punt wat ek wil maak, is dat agb Ministers, en selfs potensile Ministers wat dalk in die Huis sit, moet leer om nouer samewerking met hul finansile bestuurders in hul onderskeie departemente te bewerkstellig, sodat hulle te eniger tyd met 'n redelike mate van vertroue en akkuraatheid oor finansile aspekte onder hul toesig en jurisdiksie verslag kan doen.

Ten tweede skyn dit ook uit ons samesyn in SKOF asof daar nie eenvormigheid was ten opsigte van die vergoedingspakket wat aangebied is nie. Sommige departemente het R1 000 per persoon betaal, terwyl ander departemente onskynlik daggeld en vervoerkoste bo en behalwe die R1 000 betaal het. Met ander woorde, dit lyk vir my asof daar 'n gebrek aan oorhoofse monitering van die onderhawige aangeleentheid tussen die departemente was.

Mnr die Speaker, ek aanvaar die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning se verskoning rakende die moontlike misleiding van die Huis wat hy by SKOF geopper het, maar dit vervang nie die behoefte dat Ministers in die algemeen meer ingelig behoort te wees oor die finansies in hul onderskeie departemente nie.
Ten derde, hoewel sowel die agb Minister van Gesondheid as die agb Minister van Onderwys in die Huis aangedui het dat hulle hul deel van die Begroting wat vir kieserregistrasie aangewend is, sou terugkry, was dit in SKOF duidelik dat albei departemente nie al hul geld teruggekry het nie.

Mnr die Speaker, ek wil my nie nou uitlaat oor die meriete van die Provinsie se betrokkenheid by kieserregistrasie nie. Ek sal daarop reageer wanneer ek op die agb Premier se Openingsrede reageer. In die algemeen wil ek die Departement van Finansies, asook die finansies-afdelings van die onderskeie departemente, gelukwens en bedank vir die prosedureel-korrekte wyse waarop finansies in die onderskeie departemente hanteer word. 

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, ek staan op om oor die Aansuiweringsbegroting te praat en ek sluit my, eerstens, aan by my kollega die agb lid mnr Ozinsky in sy bedanking van die amptenare. Terloops, om 21:30 op Vrydag, toe SKOF verdaag het, was die DP hoegenaamd nie daar nie, en afgesien van die ANC-lede meen ek slegs die voorsitter, die agb lid mnr Ismail, en die agb lid mnr Gelderblom was daar. Die integriteit van die ANC om die onderhawige saak aan te spreek, moet nie in twyfel getrek word nie. Ons was daar om 21:30, waar amptenare ons voorgelig het, en ek wil die amptenare daarvoor bedank.

Tweedens wil ek die agb lid mnr Louis bedank, wat, terloops, nie om 21:30 daar was nie, oor die proses en die beginsels. Dit is duidelik uit die aanhorings in SKOF en die debat in hierdie Huis verlede week dat die Huis mislei is. Die kwessie is duidelik. Laat ons nie die saak benewel en dit ligsinnig maak nie. Die Huis is deur die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning en ander agb lede mislei, en ek sal binnekort daarna verwys.

Die konteks, soos my kollegas ges het, gaan nie oor teenstand teen registrasie of die feit dat ons 'n verteenwoordigende en deelnemende demokrasie ten volle ondersteun nie. Ons het daarvoor geveg. Baie van ons het daarvoor gesterf. Ons sal daarvoor bly veg.

Dit gaan oor die feit dat ons op Donderdag en Vrydag in SKOF gehoor het dat 'n verdere R316 000 na die KMR oorgeplaas sal word, sowel as nagenoeg R3 miljoen in aangesuiwerde uitgawes. Om te regverdig hoe die volle R5,5 miljoen bestee is, het dit geblyk dat hierdie Administrasie regsmening aangevra het. Ons stem met die regsmening saam dat 'n tertafellegging ingevolge artikel 7 vir hierdie bedrae gedoen moes word; ten opsigte van die 1998-99-bedrag, sowel as 'n tweede geleentheid, die 1999-2000-bedrag. Vir geeneen van die bedrae is 'n tertafellegging ingevolge artikel 7 gedoen nie. Die redes is nie aangedui nie. Wat ons wel weet, is dat die Tesourie aanvanklik die aansoek vir die uitgawe afgekeur het.

Tweedens, die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het verlede week in sy toespraak ges dat hierdie die eerste geleentheid is wat hy het om die saak te hanteer. Die agb Minister moet, terloops, herinner word aan die Wes-Kaapse Skatkiswet, wat vir 'n proses ingevolge artikel 7 voorsiening maak, en ek haal aan:

(2) Stappe moet gedoen word, nie later as gedurende die eersvolgende sessie van die Provinsiale Wetgewer, vir die bewilliging van bedrae wat ingevolge subartikel (1) aangewend is of sal word.

Diegene van ons wat verlede jaar na die verkiesing in hierdie Huis gesit het, wonder waarom hierdie die eerste geleentheid was.

Ek s weer, die Huis is mislei.

Die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning het in sy toespraak na groot verskuiwing van fondse verwys, insluitende verskuiwing van nasionale, herbegrotings, en so meer. Wat onvoorsiene verskuiwings betref, het hy die onvoorsiene omstandighede in sy toespraak aangespreek, spesifiek die Manenberg-ramp. Ons het herhaaldelik gehoor dat die fondse vir kieserregistrasie onvoorsien was. In plaas daarvan, plaas die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning dit onder "Provinsiale Inkomste en Surplusse". Waarom? Dit mislei weer eens die Huis, want hy wou nie na die Huis terugkom en op die gepaste tyd rekenskap gee nie, selfs nie vir die 1999-2000-bedrae nie.

Dit is goed verwoord, en ek wil dit herhaal, in die aanhaling van dr Barnard aan die Tesourie, en ek haal aan:

My understanding is that the Provincial Treasury Committee will meet when the process of registration has been completed to consider the total cost ... 

Hy gaan voort, en ek haal weer aan:

... to advise the Cabinet on how such costs are to be met, as well as what steps need to be taken to legalise such expenditure.

Ons het met 'n blanko tjek te make: die uitreiking van geld vir verkiesingsdoeleindes deur die Nuwe NP en die DP. Hierdie Huis is nie ingelig oor al die bedrae wat oorgeplaas is en hoe dit oorgeplaas is nie. Waaroor ons wel ingelig is, insluitende deur die agb Minister van Onderwys, was dat die fondse na 'n sentrale provinsiale inkomsterekening oorgeplaas is. Die agb Minister van Onderwys, en so ook die agb Minister van Gesondheid, die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning, die agb Minister van Landbou en die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning moet om verskoning vra dat hulle die Huis mislei het. As hulle dit nie verstaan nie, moet hulle hul wetgewing gaan lees.

Daar was rook en spiels in SKOF. Soos wat die agb lid mnr Lewis ges het, het een departement ges dat hulle R1 000 vir elke persoon uitbetaal het. 'n Ander departement het ges dat hulle R1 000 plus vervoertoelaes betaal het. Ander departemente het hoegenaamd nie geweet nie.

Daar is glad nie vir ons ges wat die globale bedrag vir die ontplooiing van personeel was en waar hulle ontplooi is nie. Niemand het ons daardie inligting gegee nie. Tot tyd en wyl ons daardie inligting het, sal ernstige twyfel steeds bly bestaan.

Daar was herhaaldelike gevalle waar baie ekonomies met die waarheid omgegaan is. Daar was die geval van die vier foto's. Ons weet nog steeds nie waarheen die vierde foto gaan nie. Twee gaan na Binnelandse Sake en een na die Provinsiale Regering met al die ander inligting wat daarmee saamgaan. Daarby ingesluit is die feit dat die integriteit van die OVK fundamenteel ondermyn word.

Ons sal met voorstelle kom, ter inligting van die agb lid mnr Louis. Ons voorstelle sal wees dat die geld aan die OVK moet gaan en dat die foto's beslis nie na hierdie Provinsiale Regering moet kom nie.

Ons het ges dit gaan hier oor blanko tjeks. Ons s herhaalde gevalle van misleiding van die Huis raak iets meer wanneer dit so dikwels gebeur. Ons s dus dit gaan oor 'n toesmeerdery. Dit gaan oor DP- en Nuwe NP-"sleaze". Ons s hierdie agb Ministers moet verskoning aanbied en ons s die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning moet bedank omdat hy die Huis mislei het of, minstens, weens ernstige onbevoegdheid. [Tyd verstreke.]

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, ek sal "resign". Ek sal myself tot die feit "resign" dat die partye aan daardie kant van die Huis kleinlike politiek maak en dit sal bly doen deur my bedanking oor 'n saak soos hierdie te vra. Ek sal nie bedank nie. As hulle hulle standaarde vir bedanking in die Huis wil baseer op wat tydens die debat Woensdag ges is, wil ek aan die hand doen dat hulle 'n ander stel morele waardes vir hulle Ministers oorkant die pad in die Nasionale Vergadering neerl, want anders twyfel ek of die helfte van die Kabinet sal oorbly. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lede kan soveel as wat hulle wil tussenwerpsels maak. Ek het geen beswaar nie. Ek soek nie die beskerming van die Stoel nie.

Wat my die meeste ontstel, is dit. Ek het baie goeie verhoudings, so glo ek, met die meeste agb lede aan daardie kant van die Huis.

*Me T ESSOP: Werklik?

*Die MINISTER: Dit is werklik snaaks dat die tussenwerpsel moes kom van die persoon wat ek nou wou aanval.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: U is bang vir haar.

*Die MINISTER: Daar is slegs een persoon vir wie ek bang is, en dit is die agb lid mnr McKenzie. Ek is bang vir hom. [Gelag.]

Die venyn wat gebruik is ...

*Me T ESSOP: Gaan voort.

*Die MINISTER: Ek gaan voort, maar daardie agb lid kan aanhou tussenwerpsels maak soos wat sy wil. Sy weet wat die vorige keer gebeur het toe sy so aangegaan het.

*Me T ESSOP: Ja. Hulle het dit weer gedoen; hulle het Marais in die pad gesteek!

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, om te mislei, moet 'n mens vooraf kennis h dat die inligting wat jy gaan gee, verkeerd is. [Tussenwerpsels.] Daardie agb lede moet asseblief hul woordeboeke raadpleeg. [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! Ons kan nie op hierdie wyse debat voer nie. Laat ons die agb Minister toelaat om voort te gaan.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek het nie die Huis mislei nie. As ek verskoning moet vra vir iets wat ges is, wat verkeerd verstaan is deur die Huis, of deur my, of deur individuele agb Ministers daar anderkant, dan wil ek absoluut verskoning vra. Daardie mense wat my uit die sakegemeenskap van hierdie land ken, weet dat ek my nie met onwaarhede of leuens ophou nie. As ek inligting het wat ek glo verkeerd is, sal ek by die vroegste geleentheid praat en s dat die inligting wat ek gekry het verkeerd is of verkeerd verstaan kan word. [Tussenwerpsels.]

Die voorsitter hier agter my weet dat ek onmiddellik toe ek die rigting gesien het waarin die debat oor SKOF beweeg, na die Speaker gegaan en in sy oor gefluister het, "Mnr die Speaker, u moet my toelaat om te praat, want ek moet iets regstel."

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: U is uitgevang.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, die suggestie van die agb Leier van die Opposisie as sou ek uitgevang gewees het, is so venynig, want ook hy behoort my beter as dit te ken. As hy vandag politiek van die saak wil maak, moet hy dit doen, maar ek sal steeds buite in die gang sy vriend wil wees. [Tussenwerpsels.]

'n AGB LID: U moet desperaat wees!

*Die MINISTER: Die agb lid is reg, ek moet desperaat wees om sy vriend te wees.

Mnr die Speaker, ek wil dit absoluut duidelik stel. Wanneer daar ongemagtigde uitgawe is, word dit in 'n afwag-rekening geplaas. Die geld moet gemagtig wees voordat dit uit die afwag-rekening vrygestel word. Dit is presies wat gebeur het, volgens die boek. Die geld kom dan by wyse van 'n boekinskrywing uit die afwag-rekening.

Ek wil vir u s, mnr die Speaker, dat ek 'n opmerking gehoor het, want my ore is baie goed, wat my vriendin die agb lid me Essop teenoor die agb lid mnr Ozinsky gemaak het, wat niemand anders gehoor het nie. Sy het ges, "Ek het jou ges." [Tussenwerpsels.] Sy het die storie geken, en sy het dit daar herhaal.

*Me T ESSOP: Hou op met daardie soort wegskram. Dit is 'n wegskram-verskoning. U moes daarvan geweet het.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek wil herhaal dat ek die ...

*Me T ESSOP: U is onbevoeg.

*Die MINISTER: Die agb lid sal daardie stelling berou.

*Me T ESSOP: Ek sal nie.

*Die MINISTER: Sy sal, en sy sal verskoning vra. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek wil dit herhaal. In die mate wat daar iemand is wat glo dat ek die Huis mislei het, wil ek formeel verskoning vra. Dit was nie my bedoeling om dit te doen nie. Ek het nou die korrekte posisie gegee, wat die afwag-rekening betref.

*Mnr G R STRACHAN: Ons verstaan nie waarvoor u verskoning vra nie.

*Die MINISTER: Dalk is dit omdat die agb lid onbevoeg is.
Mnr die Speaker, ek wil byvoeg dat daar geen ruimte vir enige misverstand omtrent die debat kan wees nie wanneer elke agb Minister vrae beantwoord het in wat ek steeds die "filibustering" deur die opposisie noem. Elke agb Minister het die een na die ander ges, "Ja, die geld is uit my Begrotingspos bestee." Sommige van hulle, soos die agb Minister van Vervoer en Werke, het die regte inligting tot hul beskikking gehad. Hy het die inligting gegee ten opsigte van die geld wat uit sy Begrotingspos bestee is. Kan daar enige wanvoorstelling van die feit wees dat die geld uit sy Begrotingspos geneem en in 'n afsonderlike begrotingspos geplaas is? Daar is absoluut geen verwarring daar nie. [Tussenwerpsels.] Ek het dit nooit ges nie, en ek wil aan die hand doen dat die agb lid na Hansard verwys. Ek sal dit daag. [Tussenwerpsels.] Hy het ges dat ek dit ges het. Laat ons dinge duidelik stel.

Wat hierdie saak ook die registrasie van kiesers betref, dit is 'n geval van "damned if you do and damned if you do not". Ja, ons het 'n verantwoordelike besluit geneem en ons gaan dit implementeer. Nie een persoon uit die opposisiebanke het vandag hier opgestaan en ges dat ons spesifieke kiesers teiken nie. Daar was geen getuienis nie. Hulle het gepraat oor foto's in die Kantoor van die Direkteur-generaal, maar niemand het die Administrasie daarvan beskuldig dat hy spesifieke kiesers geteiken het nie. Dit is nie die punt nie.

Ek sal vir agb lede s wat die punt is. Die agb lid mnr Ozinsky het uit die Grondwet aangehaal - dank die vader hy het vandag die groot boek hier gehad, sodat hy dit behoorlik kon lees - en hy was absoluut reg in wat hy aangehaal het. Wat hy egter nie gedoen het nie, is om vandag hier met 'n brief van die OVK te kom om aan enigeen te s - aan die ANC of aan hierdie Regering - dat die OVK dink dat ons die vorige keer swak werk gedoen het en dit nie billik gedoen het nie, en dat hulle nie wil h dat ons dit die volgende keer moet doen nie. Daar is geen getuienis daarvan nie. Die OVK is heeltemal tevrede met die proses. Ek was in die Kabinetskamer teenwoordig toe die OVK sy dankbaarheid betuig het vir wat ons sou doen.

Ons het in die demokratiese proses gehelp, en ek glo, wat die publiek betref, is hulle tevrede met die proses. Ek het in my toespraak oor die Finansiewetsontwerp Woensdag oor die feit gepraat dat slegs 50% van die kiesers geregistreer is. Sou agb lede tevrede gewees het dat dit 'n demokratiese proses was om met 'n verkiesing voort te gaan waarin slegs 50% van die kiesers in hierdie provinsie geregistreer was?

Mnr die Speaker, ek was daarop geregtig om op my eie die besteding te magtig. Die agb lid mnr Strachan het na daardie feit verwys. Hy het egter ook beweer dat dit uitsluitlik die verantwoordelikheid van die Tesourie was om daardie besluit te neem, en hulle het die Tesourie-amptenare gelukgewens. [Tussenwerpsels.] Die agb Minister van Ekonomiese Sake en Toerisme is nie op die oomblik in die raad nie, ...

*Mnr G R STRACHAN: Hy is baie selde hier.

*Die MINISTER: ... maar hy sal bevestig, en so ook dr Barnard, dat hierdie saak deur die Provinsiale Tesouriekomitee bespreek is. Ek het dit vir daardie komitee absoluut duidelik gemaak dat ek nie bereid was om die saak te magtig nie, alvorens ek, gegrond op die advies wat ek kry, 'n regsmening gehad het om seker te maak dat dit in orde was.

Twee sprekers het na die woord "legalise" in dr Barnard se brief verwys. Hulle het probeer te kenne gee dat die woord iets onderduims of onwettigs impliseer. [Tussenwerpsels.] Wel, ek is dankbaar om te s dat volgens my groot woordeboek die woord "legalise", wat ek so pas nageslaan het, beteken "to make lawful". [Tussenwerpsels.] 'n Mens behoort daarop geregtig te wees om dinge "lawful" te maak. [Tussenwerpsels.] Ek het ges, "to make lawful", nie "unlawful" nie. Daardie agb lid moet probeer luister.

Mnr die Speaker, kom ons kyk na 'n hipotetiese situasie. As ons regsmening nee ges het, wat sou dan gebeur het?

*Me T ESSOP: Ons sou in die moeilikheid gewees het.

*Die MINISTER: Heeltemal reg, ons sou in die moeilikheid gewees het. Dan sou ons, die Regering, regtens aanspreeklik gewees het vir ons aksies, en sou ons die gevolge moes dra. Die feit van die saak is egter dat ons 'n regsmening bekom het, wat aangetoon het dat dit in orde was.

*Me T ESSOP: En u het dit toegesmeer!

*Die MINISTER: Die agb lid noem dit 'n toesmeerdery, maar dit is 'n belediging vir die persoon wat die regsmening gegee het.

*Me T ESSOP: U was onbevoeg.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ek hoor aanmekaar dat ek onbevoeg is. Wel, as ek onbevoeg is, gaan agb lede langdurig na my in hierdie Huis moet luister. Ek is in hierdie werk volgens die wil van die agb Premier, en agb lede sal in daardie geval onbevoegde inligting van my bly kry.

In my toekomstige optrede teenoor agb lede aan daardie kant van die Huis sal ek hulle dus as 'n onbevoegde Minister moet benader.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: U doen dit reeds.

*Die MINISTER: Dit is die situasie. Daardie beledigings sal die agb lede absoluut nrens met my bring nie. Hulle het my hoegenaamd nie van stryk gebring nie.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Moenie verbouereerd raak nie!

*Die MINISTER: Ek is hoegenaamd nie verbouereerd nie.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: U is verbouereerd.

*Die MINISTER: Wees gerus, ek is nie verbouereerd nie. Ek raak onder geen omstandighede verbouereerd nie. Daardie agb lede kan my so veel as wat hulle wil van stryk probeer bring.

Mnr die Speaker, ek wil dit heeltemal duidelik stel ...

*Die SPEAKER: Orde! Laat ons nie te veel herhaal nie, en eerder voortgaan met die debat. Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, ten slotte wil ek s dat wat ons doen, wettig is. Ons registreer kiesers. Ek glo die kiesers van hierdie provinsie, veral die behoeftige kiesers - diegene wat nie R30 kan bekostig om vir die verkiesing te registreer of IDs kan bekom nie - is dankbaar vir wat ons gedoen het.

*Mnr G R STRACHAN: Mnr die Speaker, is die agb Minister bereid om 'n vraag oor die behoeftige kiesers te neem?

*Die MINISTER: Nee, mnr die Speaker, ek het my toespraak voltooi.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: soos wat dit tot dusver in die debat uitgewys is, is ons van mening dat die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning en 'n aantal ander agb Ministers - die agb Minister van Vervoer en Werke, die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning, die agb Minister van Landbou, die agb Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding ...

*Die SPEAKER: Orde! Is die agb lid besig met 'n punt van orde?

*Mnr M OZINSKY: Ek is, mnr die Speaker. Dit is ons mening dat hulle die Huis oor hierdie saak mislei het. Soos wat agb lede gehoor het, is die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning nie bereid om verskoning te vra nie. Hy het 'n hele aantal opmerkings oor die wese van die saak gemaak, maar hy het geweier om verskoning te vra vir die feit dat hy in werklikheid die Huis mislei het. Ek wil graag voorstel dat ons 'n komitee aanstel om hierdie saak te ondersoek. Dit is 'n saak van belang, mnr die Speaker, as die helfte van die Kabinet nie vertrou kan word met die antwoorde wat hulle aan hierdie Huis gee nie.

*Die SPEAKER: Orde! Die agb lid wil dus 'n voorstel doen. Dit sal aanvaarbaar wees as hy dit by die Tafel inhandig. Het hy dit gereed?

*Mnr M OZINSKY: Nee, mnr die Speaker, ek sal dit nou uitskryf.

*Die SPEAKER: Dan sal dit moet oorstaan. Die agb lid mag kennis gee wanneer ek mre aan die begin voorstelle vra.

Debat afgesluit.

Wetsontwerp vir die tweede maal gelees.

HUIS IN KOMITEE:

Die Voorsitter van Komitees het die Stoel ingeneem.
 
WES-KAAPSE AANSUIWERINGS-
BEGROTINGSWETSONTWERP, 2000

(Komiteestadium)

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek wil graag vir agb lede die Rels lees waarvolgens die verrigtinge vandag sal plaasvind. Artikel 114 van die nasionale Grondwet handel oor die bevoegdhede van die provinsiale wetgewers. Artikel 114(2) lui, en ek haal aan:

'n Provinsiale wetgewer moet voorsiening maak vir meganismes om -

(b) toesig te hou oor -

(i)	die uitoefening van provinsiale uitvoerende gesag in die provinsie, ...

Artikel 133 handel oor die verantwoordbaarheid en verantwoordelikhede van die Uitvoerende Komitee. Dit lui, en ek haal aan:

 (1)	Die lede van die ...

*Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Me die Voorsitter, op 'n punt van orde: soos ek dit verstaan, vind die verrigtinge van hierdie Huis ingevolge die Grondwet van die Wes-Kaap plaas, en nie die nasionale Grondwet nie, in welke geval dit wat u lees, nie op ons van toepassing is nie.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Nee, ek sal dit net voltooi. Artikel 133(1) lui, en ek haal aan:

Die lede van die Uitvoerende Raad van 'n provinsie is verantwoordelik vir die funksies van die uitvoerende gesag wat ... aan hulle opgedra word.

Dan lees ek uit die provinsiale Grondwet. Artikel 23 handel oor die bevoegdhede van die Provinsiale Parlement. Artikel 23(4) lui, en ek haal aan:

Die Provinsiale Parlement moet in sy rels en orders voorsiening maak vir - ...

(c) die opdra aan sy komitees van sodanige bevoegdhede wat hulle in staat sal stel om - ...

(ii) te verseker dat die provinsiale uitvoerende gesag verantwoordingspligtig is; en

(iii) deursigtigheid, verantwoordbaarheid en die doeltreffende bestuur van die provinsiale ekonomie, provinsiale begroting, provinsiale skuld en die provinsiale openbare sektor te bevorder; ...

Ons Rel ingevolge waarvan vandag se vrae plaasvind, is Rel 59, wat verband hou met die aantal vrae. Rel 59(3) lui, en ek haal aan:

Wanneer hierdie Raad in komitee is, mag 'n lid nie meer as drie maal oor dieselfde vraag, ... praat nie ...

Ek glo ook dat die Hoofsweep en die Sweep van die ANC nie tot 'n ooreenkoms gekom het oor die aantal minute wat op vandag se debat van toepassing is nie. Ons sal daarom nie 'n bepaalde getal minute h nie.


Op Begrotingspos 1,

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, ek wil graag vir die agb Premier vra watter stappe gedoen is ingevolge die R3 miljoen wat vir 'n nuwe diens vir die registrasie van kiesers aangebied is.

Mnr R J KING: Me die Voorsitter, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat verrigtinge van die Huis vir 15 minute opgeskort word.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ons is in die Komiteestadium. Het die agb lid mnr King dit met die ander Swepe uitgeklaar? Aangesien dit nie gedoen is nie, moet dit aan die Huis voorgel word vir 'n beslissing oor die saak. Aangesien daar geen beswaar is nie, kan ons voortgaan soos voorgestel. Ek sal voortgang aan die Speaker rapporteer.

HUIS HERVAT:

Voortgang gerapporteer en verlof verleen om weer te sit.

*Die SPEAKER: Orde! Volgens die besluit van die Huis sal werksaamhede nou opgeskort word totdat die klokkies weer gelui word.

WERKSAAMHEDE OPGESKORT OM 15:55 EN HERVAT OM 16:19.

WES-KAAPSE AANSUIWERINGS-
BEGROTINGSWETSONTWERP, 2000

(Komiteestadium hervat)

Op Begrotingspos 1,

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, toe ons verrigtinge opgeskort het, was ek op die vloer en het ek aan die agb Premier 'n vraag gevra oor die R3 miljoen wat vir die registrasie van kiesers toegewys is. Watter stappe doen sy Kantoor om die onafhanklikheid van die OVK in hierdie proses van die besteding van R3 miljoen te verseker soos ingevolge die Grondwet vereis?

*Die PREMIER: Me die Voorsitter, ek dink dit is baie eenvoudig. Die agb lid mnr Ozinsky het dieselfde vraag by die staande komitee gevra, waar adv Oliver, wat aan die beheer van hierdie saak is, vir hom ges het - en ek sal dit weer vir hom s - dat daar 'n taakspan onder die voorsitterskap van adv Oliver is, en die agb Minister van Plaaslike Regering wat dit sal moniteer. Daardie proses sal baie deursigtig en verantwoordbaar wees.

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, my tweede vraag aan die agb Premier is of die OVK enige sodanige bystand versoek het.

*Die PREMIER: Me die Voorsitter, die OVK het nie sodanige bystand geweier nie. [Tussenwerpsels.] Ek antwoord die agb lid. Die OVK het nie bystand geweier nie. Hulle het dit verwelkom, want ons probeer hulle help om mense te bemagtig.

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, ek dink nie die agb Premier het my tweede vraag beantwoord nie. My vraag was - en dit is 'n baie reguit en eenvoudige vraag - of die OVK hierdie bystand versoek het. Of hulle dit wou h of daarmee saamgestem het, is nie die vraag nie. Die vraag is, het die OVK die bystand versoek, en die antwoord moet of ja, of nee wees.

*Die PREMIER: Mevrou, ek het die vraag beantwoord op die manier wat ek wou, en ek sal nie toelaat dat die agb lid 'n antwoord in my mond l nie.

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, ...

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb lid mnr Ozinsky het drie vrae gehad.

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, ek het twee vrae gehad. Ek het 'n vraag oor onafhanklikheid gevra en ek het 'n vraag gevra ...

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Die agb lid mnr Ozinsky het drie spreekbeurte gehad. Hy het dieselfde vraag twee keer gevra.

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, ek wil graag 'n vraag aan die agb Minister in die Kantoor van die Premier vra met betrekking tot Program 4 in die Verklarende Memorandum oor die R1 miljoen wat na die Manenberg-rampfonds oorgeplaas is. Ons is in getuienis meegedeel dat hierdie geld inderdaad in haar Begrotingspos bespaar kon word omdat sy nie 'n sakeplan vir daardie R1 miljoen vir haar departement kon voorl nie. Kan sy aan die Huis verduidelik waarom dit nie vir haar moontlik was om 'n sakeplan vir R1 miljoen in haar begroting te h nie?

*Die MINISTER IN DIE KANTOOR VAN DIE PREMIER: Me die Voorsitter, ek kan dit beantwoord. Die agb lid sal haar kan herinner dat ek op 1 Julie 1999 twee adjunkdirekteure vir slegs twee lessenaars aangestel het. Die een is vir die regte van die gestremdes en die ander een is vir geslagsgelykheid. In daardie stadium was 'n paar maande reeds verby. Ons kon nie voorheen enige geld gebruik nie. Hulle moes gaan sit en met 'n sakeplan na vore kom. Hulle moes met die prioriteite en die doelwitte na vore kom, want ons kan nie geld bestee as ons nie weet waaraan dit bestee gaan word nie.

*Mnr Y GABRU: Me die Voorsitter, ek wil graag 'n vraag aan die agb Premier stel. Hier is ges dat die geld vir behoeftige kiesers gebruik sal word. Kan die agb Premier dit vir ons omskryf?

*Die PREMIER: Me die Voorsitter, ek was van mening ons was klaar met my Begrotingspos.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ons is besig met Begrotingspos 1 - Premier, en dit sluit in ...

*Die PREMIER: O, ek sien. Ek is jammer, ek het gemeen ons het reeds verder beweeg.

'n AGB LID: Gaan sit in die kantoor.

Die PREMIER: Goed. Me die Voorsitter, ja, behoeftige kiesers beteken presies wat die woord beteken. Dit is mense wat hulp nodig het, wat dit nie kan bekostig nie. Ons wil hulle bemagtig. Dit is wat ons gaan doen.

*Mnr G R STRACHAN: Me die Voorsitter, kan die agb Premier reageer op die feit dat adv Oliver, wat hy ges het die hoof van die taakspan is, "behoeftige mense" in SKOF gedefinieer het as "daardie mense wat minder as R20 000 per jaar of dalk meer verdien"?

*Die PREMIER: Me die Voorsitter, dit kan wees. Ek sal nie oor daardie interpretasie argumenteer nie.

Begrotingspos 1 goedgekeur (met teenstem van ANC).

Op Begrotingspos 2,

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, ons wil graag 'n verklaring oor hierdie besondere Begrotingspos maak. Ons maak beswaar teen die Begrotingspos op grond van die feit dat daar geen getuienis voor die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe ten opsigte daarvan aangebied is nie, en derhalwe kan ons nie enige oordeel oor die aansuiwerings uitspreek nie.

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Me die Voorsitter, indien enige vrae gevra word, is ek bereid om daardie vrae hier te beantwoord. Dit staan die opposisie dus vry om enige vrae oor die saak te vra indien hulle opheldering verlang.

Begrotingspos 2 goedgekeur (met teenstem van ANC).

Begrotingspos 3 goedgekeur.

Op Begrotingspos 4,

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, ek wil graag vir die betrokke agb Minister vra - en ek moet s dat ons steeds 'n bietjie in die war is oor waar presies dit vandaan kom ... [Tussenwerpsels.] Ons vra oor die R316 000 wat gestem is om vir verskillende verkiesingstake aan die KMR gegee te word. Het die OVK daardie bystand versoek?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING: Me die Voorsitter, ek reageer graag daarop. Ek wil agb lede verwys na Donderdag se debat wat plaasgevind het, waar die Finansiewetsontwerp aanvaar is. Die R316 000 is daarin vervat. Daar is 'n vraag aan my gestel deur die agb lid me Essop. Ek het dit beantwoord. Daar was geen opvolgvraag nie en ek volstaan met dit wat ek daar ges het.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Ek wil vir die agb Minister van Plaaslike Regering s dat ons die vrae en antwoorde in verband moet bring met die syfers wat ons voor ons het. Ek het vroer beslis dat die enigste sake wat ons hier gaan bespreek, die sake is van die syfers wat ons voor ons het. Die agb Minister kan nie na 'n ander debat wat ons gehad het, verwys nie. Ons moet ons by die syfers probeer hou, en die vraag moet in die eerste plek met die syfers verband hou.

Begrotingspos 4 goedgekeur (met teenstem van ANC).

Begrotingsposte 5 en 6 goedgekeur.

Op Begrotingspos 7,

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, ek wil graag 'n vraag aan die agb Minister van Gesondheid vra in verband met hierdie besondere begroting. In sy antwoord op die Finansiewetsontwerp het die agb Minister aangedui dat die volle bedrag wat vir die kieserregistrasieproses toegewys is, terugbetaal sou word. Dit is baie duidelik uit die SKOF-aanhorings dat die volle bedrag inderdaad nie terugbetaal is nie en dat slegs die deel van die 1999-2000-boekjaar terugbetaal is. Kan die agb Minister vir ons aandui wat die ware storie in verband met die terugbetaling van geld vir kieserregistrasie is?

Die MINISTER VAN GESONDHEID: Me die Voorsitter, hierdie saak is reeds volledig hanteer in 'n vorige aangeleentheid. My amptenare het my ingelig dat dit by die staande komitee baie intensief gehanteer was en dat enige verdere inligting wat nog nodig is, belowe is en gegee sou word.

Begrotingsposte 7 tot 10 goedgekeur.

Op Begrotingspos 11,

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, ek wil graag vir die agb Minister van Omgewing- en Kultuursake vra omtrent die R1,665 miljoen wat by die Omgewingskommissaris bespaar word. By vorige geleenthede, ook in die staande komitee, is daar uitgewys dat die departement dringend geld nodig het vir besoedelingsbeheer en vir die prosessering van omgewingsimpakbeoordelings. Dit is tans ernstig onderbefonds. Is die agb Minister nie ten gunste daarvan dat daardie geld, met die toestemming van sy kollega die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning oorgehou word sodat dit vir daardie dringende funksies gebruik kan word, in plaas daarvan dat dit na die Tesourie kan teruggaan nie?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Me die Voorsitter, ja, dit is 'n saak wat ek in die staande komitee geopper het. Ek wil egter eerder die befondsing vir bruin sake bykomend tot ons begroting op die oomblik versoek. Wat die Omgewingskommissaris betref, glo ek dat hy in sekere opsigte baie noodsaaklik in hierdie Provinsie geword het, veral om sake van ontwikkelingsbeplanning en omgewingskwessies aan te spreek. Ek glo ons het in werklikheid 'n omgewingskommissaris nodig om daardie besluite uit die politieke arena te neem.

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, die agb Minister het geantwoord dat hy die kommissaris nodig het om ontwikkelingsbeplanning te hanteer. Kan hy uitbrei oor wat sy probleme ten opsigte van ontwikkelingsbeplanning is?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Me die Voorsitter, daar is geen probleme nie. Ek het ges ons moet hierdie besluite uit die politieke arena neem om gesonde besluite rakende die omgewing ten opsigte van ontwikkeling en beplanning te neem.

*Mnr M OZINSKY: Me die Voorsitter, s die agb Minister dan dat die Departement van Ontwikkelingsbeplanning nie gesonde besluite neem nie?

*Die MINISTER VAN OMGEWING- EN KULTUURSAKE: Me die Voorsitter, nee, ek s nie dit nie.

*Die VOORSITTER VAN KOMITEES: Orde! Agb lede moet asseblief hul selfone afskakel. Ek dink dit doen afbreuk aan die waardigheid van die Huis.

Begrotingspos 11 goedgekeur.

Op Begrotingspos 12,

*Me T ESSOP: Me die Voorsitter, ek wil graag vir die agb Minister van Onderwys vra, met betrekking tot Program 1, Administrasie, of die bedrag van R1,687 miljoen wat ten opsigte van kieserregistrasie terugbetaal is, korrek is soos wat sy tydens die debat oor die Finansiewetsontwerp in die Huis aangedui het toe sy gevra is omtrent die R52 354,84 wat sy van die Adjunkdirekteur-generaal aan beheer van Finansies ontvang het, en ek haal aan:

Hy het my meegedeel dat die volle bedrag deur die provinsiale Tesourie aan die Departement van Onderwys terugbetaal is.
 
Me die Voorsitter, R1,671 miljoen is terugbetaal. As die volle bedrag terugbetaal is, sou dit nagenoeg R1,8 miljoen beloop het. Waar is die R52 000?

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Me die Voorsitter, soos ek dit verstaan het en steeds verstaan, is die volle bedrag terugbetaal. Die R52 000 is in met 'n antwoord op 'n omsendbrief van DPSA, wat soos volg lui, en ek haal aan:

Should any public servant be required to perform service outside his/her locality actual travelling expenses will be paid to him/her.

Dit was 'n omsendskrywe van DPSA oor kieserregistrasie vir die 1999-verkiesing. Dit was dus geheel en al relmatig en gemagtig.

Begrotingspos 12 goedgekeur (met teenstem van ANC).

Begrotingsposte 14 en 15 goedgekeur.

Bylae, klousules en titel goedgekeur (met teenstem van ANC).

HUIS HERVAT:

Wetsontwerp gerapporteer.

*Die SPEAKER: Orde! Wanneer wil die agb Minister h dat die Derde Lesing plaasvind?

*Die MINISTER VAN FINANSIES EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, ek stel voor dat die Derde Lesing nou geneem word.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, ek staan op om beswaar te maak dat die Derde Lesing nou geneem word en stel voor dat dit op 'n later datum aan die beurt kom.

*Die SPEAKER: Orde! Sal agb lede wat die beswaar ondersteun asseblief opstaan? Daar is minstens drie lede wat die beswaar ondersteun; derhalwe kan die Derde Lesing nie vandag geneem word nie.

OPENINGSREDE VAN PREMIER

(Debat hervat)

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, die debat oor die Openingsrede van die Premier is oor die afgelope twee jaar deur die ANC gekenmerk as 'n wantrouedebat. Ek staan vandag op om 'n mosie van wantroue in die Premier en sy Kabinet, ingevolge die Wes-Kaapse Grondwet, artikel 51(2), voor te stel, wat soos volg lui, en ek haal aan:

Indien die Provinsiale Parlement by wyse van 'n besluit ten gunste waarvan 'n meerderheid van al sy lede stem, 'n voorstel van wantroue in die Premier aanneem, moet die Premier en die ander Provinsiale Ministers bedank.

Ek sal hierdie geleentheid gebruik, en gevolg word deur sprekers van my party in hierdie debat, om 'n saak ter ondersteuning van hierdie voorstel te bou. Ons vra dat daar aan die einde van die debat, na die repliek van die agb Minister, gestem word.

Mnr die Speaker, ek bedank u egter vir die geleentheid om verlede week by geleentheid van die agb Premier se Openingsrede in die Huis te kon praat. Van ons kant af skyn dit dat die debat ietwat verwater het as gevolg van die paranoese pogings deur die agb Premier se "spin" dokters om soveel moontlik afstand tussen sy toespraak verlede week en sy antwoord vandag te kry.

Aan die ander kant kan die mees welluidende antwoord op die agb Premier wel die feit wees dat ons tussen sy toespraak en sy antwoord die mees merkwaardige vertoning van finansile manipulasie deur die koalisie-verkiesingsmasjien gesien het. Trouens, die agb Premier het ons hierop voorberei deurdat 'n groot deel van sy toespraak toegewy was aan die regverdiging van die besteding van publieke geld vir verkiesingsfunksies wat die OVK behoort te doen.

Terselfdertyd oortuig die agb Premier se uiteensetting van sy reise deur Duitsland en Oostenryk in bykans Gulliver-soort detail my dat hulle teruggekeer het met die ergste lesse van Helmut Kohl se Christen-demokrate in Duitsland oor verkiesingsbefondsing en Jrg Haider se Vryheidsparty in Oostenryk oor koalisiebou.

Ek glo die agb Premier het in gebreke gebly om hierdie Provinsie te voorsien met 'n visie en 'n plan van die sleutelsake wat ons in die gesig staar. Ons kan verstaan waarom. Hy kan nie so 'n visie en 'n plan voorsien wanneer sy Regering so fundamenteel onstabiel is nie, wanneer hy dissiplinre vergaderings moet byeenroep om sy lede op die vooraand van sy toespraak in lyn te bring en wanneer hy die debat in sy eie koukus verloor oor of sy lede sy koalisievennoot, die DP, kan aanval of nie. Hy kan nie so 'n visie en 'n plan voorsien wanneer hy in intensiewe samesprekings met die leier van sy koalisievennoot is oor hoe om dit te laat lyk dat hulle nie so magtig is as wat hy hulle gemaak het in die toewysing van beheer oor begrotings, portefeuljes en toegang tot sy eie basis nie. Die agb Premier kan nie leiding gee wanneer al sy aandag aan sy eie desperaatheid gewy word en hy dan die een Minister wat sake aanpak in die pad steek, sy koalisie geloofwaardigheid gee en algemene ondersteuning vir sy party wen nie. Dit is geen wonder dat ons geen leierskap gesien het toe die agb Premier hierdie sessie geopen het nie.

Die toespraak van die ANC op 8 Januarie vir die jaar 2000 verwys na die eerste Pan-African Congress wat in die jaar 1900 in London byeengeroep is, honderd jaar gelede, waar Afrikane vanoor die hele wreld byeengekom het. Hulle het dit by daardie kongres bepaal dat die probleem of die uitdaging van die 20ste eeu die probleem van die kleurlyn was. Hoe reg was hulle nie. Hoe versiende was hulle nie in hul voorspelling in 1900 dat daar aan die suidpunt van die Afrikakontinent 'n party na vore sou kom wat die kleurlyn in 'n fyn kuns sou verander en dat dit dekades sou duur om hierdie party uit die kussings te lig nie.

Selfs nou nog gaan hierdie party voort om uit die graf te regeer en bepaal hulle dat, in plaas daarvan om gekleurde opname in hierdie provinsie te h, ons Broederbond-beheer deur middel van 'n gekleurde aangesig sal h. Wat hulle dalk nie voorspel het nie, was dat rassisme, selfs na die formele magsverval van daardie party, steeds die ingesteldheid van mense, die instellings van die samelewing en die konvensies van ons gemeenskappe deurspek en 'n oorlewingskrag het wat na vore kom in die sosiale wese en in die welsprekendheid van apologete van rassisme, weggesteek uit die lig van skrutinering en kritiek deur welluidende gedagtes soos meriete, wat die bitterheid van die verlede agterlaat en wanklankige woorde soos "kaffers" vervang met meer geografiese beskrywings soos "diegene uit die Oos-Kaap" of, en ek haal aan uit die agb Premier se Openingsrede:

... toestroming van mense na hierdie provinsie, wat feitlik onbeheersde plakkery tot gevolg het, hou 'n groot bedreiging vir ons natuurbates in.
 
Jrg Haider van Oostenryk kon dit nie beter gestel het nie.

Die ANC se verklaring van 8 Januarie gee dus te kenne dat die uitdaging van die 21ste eeu die oplossing tot die probleem van die kleurlyn is, en ek gebruik hierdie geleentheid om die ware nie-rassige lede in die Huis te nooi om by ons in hierdie missie aan te sluit om die oplossing te vind.

Toe President Thabo Mbeki op 4 Februarie 2000 sy Stand van die Nasie-toespraak gelewer het, het hy voortgebou op die tema om die oplossing tot die probleem van die kleurlyn te vind. Hy het ges, en ek haal aan:

Our successes in the struggle to move our country from apartheid to democracy have led many to reach the premature conclusion that racism in South Africa is dead. This, despite the obvious and naked fact that to this day the racial divisions, inequalities and prejudices of the past continue to characterise our society.

Die President het voortgegaan, en ek haal aan:

Some in our country are so determined to close their eyes to this reality that those who are forced to swallow the bitter fruit of racial inequality and arrogance are regularly rebuked for speaking out against the pain they continue to endure.
Dit was nie so lank gelede nie toe ons aan hierdie kant van die Huis rassiste genoem is toe ons daarop gewys het, wat vir almal duidelik was, dat swartes en kleurlinge minder plekke in die senior bestuursvlakke van die PAWK kry, vergeleke met hul blanke eweknie. Vandag het die agb Minister van Maatskaplike Dienste en Armoedebestryding 'n smakie daarvan gekry, maar watter name ons ook al gegee word, om ons rassiste te noem of wat ook al, kan dit verbloem wat ons mense op die grond ervaar het en steeds elke dag op die grond bly ervaar.

Die agb Premier moet die mense van Mamre, Atlantis, Pella en Witsand ons die storie laat vertel oor die vrye toegang tot pragtige strande in die sogenaamde wit suide van die Munisipaliteit van Blaauwberg en hoe hulle, mense van kleur, moet betaal vir nie net die bus om hulle na die naaste strand, wat Silwerboomstrand is, te neem nie, maar ook die pas verhoogde geld van R5 om toegang tot daardie fasiliteit te kry in die swart noorde van die koalisie-gedomineerde munisipaliteit. Agb lede sal die storie hoor van swart ellende, wat blanke oorvloed subsidieer namate die suidelike strande verder ontwikkel word.

Mnr die Speaker, laat die mense van Porterville, Robertson en Redelinghuys vir ons s dat tot vandag toe in hierdie nuwe Suid-Afrika in die sogenaamde beskaafde Wes-Kaap, haarkappers in die SBDs van hierdie dorpe, wat deur blankes gebruik word, nie die hare van ons mense sny nie. Laat die groep jong matrikulante van Elsiesrivier vir ons die storie vertel wat hulle aan die agb lid me Vantura vertel het, oor hoe hulle ook geglo het dat die toeristemark was waar die toekoms l, hoe hulle uitgebreide kursusse in reiswese en toerisme en hotelbestuur voltooi het, om maar net by aansoek om werk in die toeristesektor vas te stel dat die doelpale verskuif is, omdat hulle nie Frans, Duits of Mandarin kon praat nie. Laat ons na die stories van plaaswerkers luister, soos wat ek verlede week in Villiersdorp die geleentheid gehad het, waar plaaswerkers s, "R20 is my 'pay' met 'n pak daarby", om by die hart van ware slawerny in ons diep landelike gebiede te kom. So kan ons die stories van ons mense een vir een vertel oor hulle vernedering, nie net in die verlede nie, maar selfs vandag terwyl ons hier praat.

Ek wil vandag hier in alle nederigheid staan en vir my kollegas oor die vloer s dat ek tot dusver slegs die storie van die vernedering van kleurlinggemeenskappe van die Wes-Kaap vertel het, om een van die frases van die agb Premier te gebruik, "die afstammelinge van die Koikoi". Ons kan daarby voeg die afstammelinge van die Griekwas, die Maleierslawe en die baie ander wie se bloed, sweet en trane hierdie provinsie gebou het, wat vandag verneder staan terwyl politici gemaklik die produk van hul baie eeue van opoffering besit.

As ons eerlik sou wees, mnr die Speaker, sou ons aan onsself erken dat ons in 'n provinsie woon wat histories en tans meer vyandig tot ons broers en susters is wat weens instromingsbeheerwette uit hierdie provinsie gehou is, weens werkafbakening geen betekenisvolle werk in hierdie provinsie gegee is nie en geen behoorlike behuising gegee is nie omdat geen groepsgebiede vir hulle afgebaken is nie. Ek praat van wat ons in die ANC onwetenskaplik die swart gemeenskap noem, diegene wat hoofsaaklik Xhosa praat. Ek praat van diegene wat die agb Premier ongelukkig demoniseer as sou hulle vir onbeheerde plakkery verantwoordelik wees en 'n bedreiging vir ons natuurlike bates inhou.

Is dit daarom 'n wonder dat 'n eienaar van 'n linnewinkel in Darlingstraat verlede week - nie in 1948 nie, selfs nie in 1985 nie, maar op Woensdag, 8 Februarie 2000 - daarop aangedring het dat 'n swart "Afrikaan" nie in sy 50%-uitverkoping kon deelneem nie omdat dit 'n uitverkoping vir blankes en kleurlinge was en geweier het om sokkies aan haar te verkoop? Dit het 2 km van hierdie Huis gebeur. Sy is aanges om die winkel te verlaat omdat sy 'n "kaffer" was. Toe sy geweier het, is sy in die winkel geklap en uitgesit. Die enigste goeie ding van hierdie storie is dat 'n kleurlingvrou in die winkel die swart dame na 'n ANC-kantoor verwys het om 'n klag te l.

Ons kan die storie vertel van hoe swartes behandel word wanneer hulle sekere winkels in die Wes-Kaap binnegaan, selfs al is hulle Lede van die Parlement. Veiligheidswagte omsingel hulle onmiddellik en volg hulle omdat dit hul ingesteldheid is dat swartes steel. Geen wonder nie dat Thabo Mabaso verlede week in die Cape Argus die ope brief aan die agb Premier geskryf het. Die wese van wat hy ges het, is dat die Premier van die provinsie die toon aangee. Wat die tornado betref, het hy ges, en ek haal aan:

You, Mr Premier, visited all the affected areas, except Guguletu.

Om een van die agb Premier se beroemde frases te gebruik, ons kan maar net s, "Ditto", oor die vure in die Wes-Kaap wanneer Langa, Marconi Beam en andere nie sy aandag geniet het nie. Ons kan maar net weer, "Ditto", s, om weer sy frase te gebruik, met die Caledon-vloed en toe hy Caledon toe gegaan het.

Ons moet rassisme in die Wes-Kaap trompop loop deur die bestaan daarvan en die vernietigende uitwerking daarvan op ons mense te erken. Ons het 'n oop, eerlike en konstruktiewe debat op alle vlakke van ons samelewing daaroor nodig. Die ANC in die Wes-Kaap het 'n beroep op President Thabo Mbeki gedoen om die Nasionale Konferensie oor Rassisme hier in ons provinsie byeen te roep om inhoud en rigting aan hierdie debat te verleen en om ons in staat te stel om betekenisvol, openlik en eerlik in daardie debat deel te neem.

Ek wil agb lede aan daardie kant van die Huis nooi, veral die agb Ministers van Vervoer en Werke en van Behuising, en die agb lede mnre Marais, Ismail en N M Isaacs, om hulle by die ANC se burgerregte veldtogte aan te sluit om strandapartheid, soos wat ons dit in Blaauwberg sien, te bowe te kom, en om vooroordeel deur rassistiese haarkappers regoor ons landelike dorpe te bowe te kom. Hulle moet hulle by ons aansluit in 'n burgerregte veldtog om die mishandeling deur plaaseienaars te keer, nie deur hier te sit en daaroor te praat nie, maar om uit te gaan en daardie mense wat ons mense elke dag verneder, te help konfronteer. Ek weet hul harte klop steeds met die pols van ons mense, en ek s aan hulle: sluit by ons in daardie burgerregte veldtogte aan.

Die mense is keelvol. Kom ons wys hulle ons is bewus daarvan, dat ons deel van hulle is en dat ons nog steeds hul pyn ken. Dit is wat ons mense van ons wil h. Dit is die leierskap wat ons moet gee.

*Ons het verklaar - en ek nooi agb lede om dieselfde te doen - dat elke ANC-kiesafdelingskantoor 'n sentrum vir die implementering en toepassing van die Wet op die Verbod op Onbillike Diskriminasie moet word. Ons het die tande deur middel van wetgewing, maar ons mense moet weet dat ons bereid is om daarmee te byt. Die plaaswerker moet weet dat wanneer hy die Wet op die Verbod op Onbillike Diskriminasie gaan toepas, hy nie die verdere slagoffer van rassisme en van afdanking sal wees nie. Die persoon wat kla omdat hy van die strand afgesit is, moet weet dat wanneer hy/sy wil byt, ons saam met hom/haar sal byt en daardie wette sal help implementeer.

Die ANC is bewus van die behoefte aan spesifieke wette, en dalk moet ons dit oorweeg - en die ANC sal uitvoering hieraan verleen - om 'n privaatlid wetsontwerp in te dien om provinsiale uitvoering te verleen aan die bepalings van ons Grondwet en Handves van Menseregte ten einde hierdie verderflike verskynsel van rassisme in ons provinsie aan te spreek. Ons moet verstaan, deur middel van 'n spesifiek opgestelde Wes-Kaapse wet, wat ons mense deurgaan, waarvoor hulle verligting wil h en hoe ons die bepalings van ons Grondwet, ons Handves van Menseregte en die Wet op die Verbod op Onbillike Diskriminasie in ons provinsie toepas.

Ek glo daar is kollegas aan daardie kant van die Huis wat steeds die pyn voel, ondanks die feit dat hulle in 'n koalisie met 'n party van blanke bevoorregting ingebind is. Dit is hulle oomblik om op te staan, en dit is hierdie sake waaroor ons mense oor ons sal oordeel.

Die betekenisvolste deel van die agb Premier se Openingsrede was toe hy verklaar het dat tyd hom nie toelaat om armoede aan te spreek nie. Hy bevestig dat die kwessie van armoede die saak van 'n "one-man band" in die koalisie geword het. "Marais, jy kyk na die armes en vir die res van ons sal dit sake soos gewoonlik wees", hoewel dit nie meer die geval kan wees met sy begroting van R10 miljoen nie.

Enige toevallige waarnemer van die Suid-Afrikaanse politiek sal weet dat wanneer ons na die probleem van die kleurlyn verwys, daardie verwysing tegelyk die probleem van die lyn tussen die armes en die bevoorregtes is. Ons kan dit ontken, ons kan semantiek gebruik, ons kan slim filosofie gebruik, maar dit is in die algemeen so dat as 'n mens blank is, is jy "okay", en as jy bruin en swart is, is jy waarskynlik arm. Dit is, ongelukkig, die nalatenskap van vyf dekades van NP-beheer in hierdie land.

Die kleur- en die armoedelyn doen weg met hoop of wanhoop - hoop vir diegene wat, byvoorbeeld, in die voormalige Model C-skole 'n 100%-vrystellingskoers behaal het, en wanhoop vir die toekoms van kleurling- en swart matrikulante wat openbare skole gebruik en wat moes toesien hoe die vrystellingskoers jaar na jaar sak. As hulle gelukkig is, sal hulle die spreekwoordelike houthakers en waterdraers in die sogenaamde kennisekonomie van die Wes-Kaap bly. Dieselfde lyn verdeel gemeenskappe, waar die polisie ontplooi word om na die bevoorregtes om te sien en waar die polisie nie ontplooi word om na ons mense om te sien wat vermoor, verkrag en aangerand word nie. Dit is hierdie lyn wat maak dat 'n mens tot die verstommende slotsom kom dat hierdie provinsie 'n malaria-navorsingsentrum moet instel, eerder as om daardie kundigheid na Mpumalanga, die Noord-Kaap en noordelike KwaZulu-Natal aan te stuur. Hy is so besorgd oor malaria in die Wes-Kaap, dat die agb Premier voortgaan om niks, absoluut niks, oor MIV/Vigs en tuberkulose te s nie, die twee siektes wat verwoesting saai onder die lewens van ons mense in hierdie provinsie.

Mnr die Speaker, hierdie provinsie het oor die afgelope twee jaar 'n eensame stryd teen armoede aanskou. Baie min sigbare verandering het in die geledere van die armes voorgekom. Dit wat wel gebeur het, het histories grootliks gespruit uit die Ministeries en departemente van Gesondheid, Welsyn en histories die HOP. Ons het Peter Marais in 'n groot mate beskou as iemand wat toegelaat moet word om die stryd teen misdaad voort te sit. Ons besef geen enkele departement of persoon kan hierdie las dra nie, en dit is 'n kritiek wat bly staan, maar die agb Premier se verontagsaming van sy verantwoordelikheid om hom uit te spreek oor die uitdaging van armoede, beteken dat daar nie 'n gentegreerde benadering tot armoede is nie, 'n gebrek aan hulpbronne om armoede gesamentlik te bestry en 'n nalate om die hele reeks finansile en menslike hulpbronne in die provinsie in die stryd teen armoede in te span.

Mnr die Speaker, ons het so 'n gentegreerde benadering nodig om armoede te bestry. Dit kan nie 'n lynfunksie wees nie. Dit moet uit die hoogste kantoor in hierdie Provinsie bedryf word en moet onderskraag wees deur 'n beleidshersieningsproses wat toesien dat alle departemente in lyn is met die doelwitte van armoedeverligting, in die eerste instansie, en uitwissing in die tweede instansie. Dit is die sleutel tot 'n veilige toekoms vir al ons mense oor kleurgrense heen, oor die spoorlyn heen en oor die lyne van bevoorregting en armoede.

Ten slotte, mnr die Speaker, die agb Premier se poging om in te koop tot die African Renaissance, om dit na die mond te praat en gesamentlik te probeer besit, is nie net leeg nie, maar aanmatigend. Hier staan hy as die hoof van die enigste regering in die hele Afrika waar swartes 'n minderheid bly sonder 'n enkele swarte daarin, in daardie regering waar blankes 'n verdere plek gekry het om hulle oorheersing te behou, en, soos wat ons hier staan, waar selfs die swart verteenwoordiging verminder het. Hoe "patronising" dan om Afrika te wil leer oor administratiewe bevoegdheid, terwyl dit opvolgende koloniale magte en later apartheidsdestabilisering was wat Afrika so lank sy vryheid ontneem het.

Ek wil aan die hand doen dat die agb Premier van hierdie Provinsie eers die gemors in sy eie huis moet opruim. Die stilte is oorverdowend. Daar was pogings tot 'n toesmeerdery, maar niemand kan ontken dat die agb Premier, eerder as om sy oog oor Afrika te laat val om tot die African Renaissance by te dra, sy party, sy koalisie en hierdie Provinsie moet stabiliseer nie.

Die MINISTER VAN BEHUISING: Mnr die Speaker, laat my toe om reg aan die begin die agb Premier geluk te wens met sy Openingsrede. As agb lede fyn geluister het, sou dit vir hulle duidelik geword het dat dit die eerste saldo's is wat gevuur is in die aanloop na die munisipale verkiesings.

Die Leier van die ANC in die Wes-Kaap, wat volgens alle mediaberigte nie eens meer takke het wat fungeer nie, het hier 'n werwingstoespraak gelewer deur mense uit te sonder en dit, dat en die volgende te s. Dit is dieselfde ou taktiek waarvan hy die Nuwe NP beskuldig, wat hy probeer toepas met die ou rel, "divide and rule". Met 'n tanende leierskap, soos wat hulle tans ondervind, is dit te verstane dat daar nou met ope arms uitgereik sal word.

Ek verwag dat wanneer 'n leier van die opposisie opstaan, hy konkrete voorstelle moet maak. Maar wat het ons hier gekry - 'n aanhoudende gesanik. Ja, natuurlik sal ek maar te graag wil deel wees van 'n taakgroep wat rassisme wil uitwis, maar alte graag. Geen mens ... [Tussenwerpsels.] ... - nee, wag nou - kan rassisme regverdig nie. As 'n boorling van Afrika het ek die brandpunt van rassisme net so aan my agterkant gevoel soos enigiemand wat daar anderkant sit. As ons bymekaar moet kom en moet praat oor die uitwissing van rassisme, laat ons dit doen, kom wat wil. Geen mens kan dit verdedig nie. [Tussenwerpsels.]
Mnr die Speaker, die punt is dit: dit is lekker om hier te s wat die fout is. Die agb lid mnr N M Isaacs het vroer vandag ges, "almal is slim by die lykskouing". Eers as die mens dood is en hulle hom oopgesny het, sal hulle uitvind wat hom makeer het.

Ek het die tussenwerpsel gehoor, "Sal Morkel jou toelaat?" My agb Premier is net so gekant teen rassisme. Dit weet die agb Leier van die Opposisie - hy het immers saam met ons in die Kabinet gedien. Hy weet, byvoorbeeld, nog voordat 'n wet op nasionale vlak geskryf word, het die Kabinet reeds besluit dat opkomende kontrakteurs en al daardie mense gehelp moet word sodat die agterstande van die verlede uitgewis kan word.

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Tot watter limiet?

Die MINISTER: Tot so 'n mate dat die Wes-Kaap se kleinbouersvereniging, Delftkom, verlede week Woensdagaand nie deur my nie, maar deur die nasionale Minister van Behuising vereer is as die beste bouers in die land.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Is dit rassisme wanneer ons ons mense ophelp? Is hy daarteen gekant? Ek kyk hom in die o en vra hom of hy daarteen gekant is. Ons moet ophou s dat die kopbeen l en stink, en ons moet kyk na die wit tande wat daardie pragtige kopbeen het. Hulle moet ophou om ons almal oor dieselfde brood te wil smeer; om botter op ons brood te smeer en elke dag vir ons te s ons bevorder rassisme. Dit is geensins die Nuwe NP se doelwit nie. Inteendeel, dit is die NP wat apartheid nie uitgevind het nie, net vervolmaak het; maar dit is dieselfde NP wat apartheid tot niet gemaak het. 

AGB LEDE: Ja!

Die MINISTER: Ons kan apartheid net in Suid-Afrika totaal uitwis as elkeen van ons wat hier sit ernstig is met die uitwissing van rassisme; dan sal ons die samewerking van elkeen hier h.

Die agb Premier het in sy Openingsrede na heelparty aangeleenthede verwys. Ek wil die agb Leier van die Opposisie 'n wenk gee. Kan hy net sit sodat ek net dit vir hom kan s. [Tussenwerpsels.] Ek wil die agb Premier meedeel dat ek onthou dat 'n vorige leier van die ANC eendag ook opgestaan het terwyl ek aan die woord was, en waar is hy vandag?

Mnr die Speaker, ek wil dit op rekord plaas, normaalweg as leiers aan die ander kant van die Huis so begin praat, dan weet ek hulle is op pad uit; hulle tyd raak min. Die feit dat hy dit fisies gedemonstreer het, is vir my 'n duidelike aanduiding dat sy tyd ook maar min is. Ek gun hom die geleentheid om hier 'n bietjie stoom af te blaas.

Die agb Premier het 'n klomp waardevolle aspekte aangeraak. Verwag hulle dat hy die wiel van vooraf moet uitvind? Die agb Premier het tog nie Vigs na die Wes-Kaap gebring nie! Tuberkulose bestaan nog al die jare! Nou word ges die agb Premier het niks oor MIV/Vigs ges nie. Is elke ding wat in hierdie provinsie gebeur, elke motorongeluk wat plaasvind die agb Premier se skuld? In stede van hier kom kritiseer, moet ons liewer aan die oplossing werk. Ons het vasgestel wat die probleme is. Kom ons werk nou aan oplossings.
Mnr die Speaker, allerwe word van armoede politiek gemaak. Ek het 'n kleintjie dood daaraan dat mense van armoede politiek maak. Die Provinsie Wes-Kaap is die enigste provinsie in die RSA, en seker in die hele Afrikakontinent, wat 'n spesiale Afdeling: Armoedebestryding het. Maar dan word daar ges die agb Premier wil nie oor armoede praat nie.

Ons ken armoede. Die Provinsie Wes-Kaap is die enigste provinsie wat 167 projekte het, wat op dreef is, waardeur mense bemagtig word. Is dit 'n Premier of 'n Provinsie wat nie vir sy mense omgee nie?

Natuurlik is misdaad hoog. Ons wil nie daaroor praat nie, maar weer eens was die agb Premier reg. Hulle moet vir ons die middele tot ons beskikking gee. Ek het vanoggend die Japannese Ambassadeur by my gehad. 'n Mens voel skaam as mense van oorsee s jy moet jou besoekers waarsku teen die plekke waar hulle beroof gaan word. 

Ons wil misdaad graag aanspreek, maar het ons werklik die middele tot ons beskikking om dit te doen? Dit laat my dink aan die gerugte wat ek gehoor het - die agb lid mnr Dugmore is nog op wittebrood, anders sou hy my nou weer met my TV-lisensie gepla het. Ek wil h die agb Premier moet hiervan kennis neem. Die gerugte doen sterk die rondte dat die SABC die aktualiteitsprogram, Kaap om Ses, wil afskaf. [Tussenwerpsels.]

Ek wil op die agb Premier 'n beroep doen om aan die SABC te skryf om te keer dat dit van ons mense weggeneem word. Ons mense kan nie koerante bekostig nie. Kaap om Ses word uitgesaai wanneer hulle by die huis kom en ten minste kan sien wat in die provinsie aangaan. Is die SABC skaam om te s watter goeie werk in die Wes-Kaap gedoen word?

Ek doen 'n beroep op die agb Premier om vir die SABC te s: "Julle peuter nie met Kaap om Ses nie. Dit is ons streekprogram en ons wil dit h."

Van plaaswerkers gepraat, onafhanklike navorsers s vir my dat daar in 1995 2 miljoen plaaswerkers was. Daar is net 500 000 plaaswerkers oor. So graag as wat ek wil h dat elke mens in hierdie land 'n leefbare inkomste moet h, gaan sekere wetgewing dwing dat ons uiteindelik net met 100 000 plaaswerkers in die hele Republiek oor het, want die boere gaan begin meganiseer - en dan is dit weer rassisme. Die masjien wat die druiwe oes toi-toi nie, gaan nie op siekteverlof nie en kry ook nie kraamverlof nie; hy kry net sy diesel en sy operateur. Maar dan word daar ges, "Ons gee om vir die armes, die lot van die armes en die armstes van die armes."

Mnr die Speaker, ek wil vandag di stelling maak: hier is nie groot werkloosheid in Suid-Afrika nie; hier is groot werklusteloosheid. Sodra ons die vakbonde kan vasvat en vir hulle s om op te hou om vir mense voor te skryf dat hulle nie genoeg geld verdien om vir hulle 'n blikkie vis vir die dag te koop nie, hoe beter vir ons almal.

Ons produktiwiteit is te laag, en daarom is dit heel gepas dat die agb Premier hierdie provinsie uitsonder. Ons is die enigste Provinsie wat werklik "perform". En dan word daar ges die agb Premier gebruik onaanvaarbare woorde. Ek ken hom baie jare lank, en hy het nog nooit die woorde "kaffer" en "meid" in my teenwoordigheid gebruik nie.
Mnr die Speaker, dit is mos 'n realiteit. Elkeen wat oor die Bloukransbrug kom, reken hy is in die Wes-Kaap, en dan sit hy net daar 'n plakkershut op. Ons het die statistiek van mense wat vir hulle huise hier in die Wes-Kaap kry, wat in ieder geval minder geld vir behuising kry, en nadat hy sy kaart en transport gekry het, verkoop hy sy huis en trek weer terug. Is dit "vordering" in enige wreldtaal? Beslis nie, meneer. Die agb Premier kan dus nie gekritiseer word as hy oor migrasie na die Wes-Kaap praat nie - dit is 'n realiteit.

Prof John Abbott van die Universiteit van Kaapstad het 'n onafhanklike studie gedoen. In 1996 was die syfers van die behuisingsagterstand in die Wes-Kaap 185 000 eenhede. In die Kaapse Metropool het ons meer as 230 000 eenhede nodig om net agterplaasbewoners te huisves, en dan neem ons nog nie eens oorbewoning in aanmerking nie. Waar kom die mense vandaan? Dit is nie my kinders nie!

Mnr die Speaker, die feit is dat ons nou gepenaliseer word. Alle mooi terme word gebruik, en noudat ons nie meer die 1996-sensussyfers kan gebruik nie, word ander verskonings gebruik. Die agb Leier van die Opposisie is nie nou hier nie, maar vir rekorddoeleindes wil ek hom reghelp - en die mense is mos nou so doodarm hier dat die agb Premier nie vir hulle omgee nie.

Die nuutste verskoning is dat die per capita-inkomste in die Wes-Kaap die hoogste in die land is. Dit is waarom ons met minder subsidies moet klaarkom en ons kry 'n kleiner bedrag, want die mense verdien te veel in die Wes-Kaap. Dit maak sin, mnr die Speaker. Dit maak sin, maar ons sal by hierdie goed kom. Ons sal dit een-vir-een vat.

Mnr die Speaker, in die loop van die week sal u nou hoor hoe word hierdie rassisme-perd gery. Ek wil vir die agb Premier s hy moet hom nie laat ontsenu deur leiers wat dag en nag loop nie - daar sal nog baie kom en gaan. Ek weet van 'n paar mense wat al klaar aan die deur klop vir die nuwe leierskap van die ANC in die Wes-Kaap, maar ek wil my nie oor hulle moeg maak nie. Met hulle sal ons by die stembus afreken.

Die hele gesanik oor die afgelope twee weke gaan oor kieserregistrasie. Waarom? Om die eenvoudige rede dat hulle versadigingspunt bereik het, en enigiemand wat nou geregistreer word, sal uiteraard nie vir hulle stem nie - en nou is dit weer rassisme. Ek voorspel dat daar voor die November-verkiesing nog groot dinge gaan gebeur; dan sal ons sien hoeveel werkloosheid daar is. Daar sal baie minder raadslede wees - ander lede sal daaroor praat. Daar is 'n klomp mense wat nou daaraan gewoond geraak het om selfone te gebruik en groot maandelikse toelaes te ontvang.

Die stryd moet nie nou na die Nuwe NP draai nie, en dit is nie nodig om dit op die koalisie af te smeer nie. Besluite wat die Wes-Kaapse Kabinet neem, is besluite van die Wes-Kaapse Regering. Dit is nie Nuwe NP-besluite nie, en ook nie DP-besluite nie, dit is die koalisieregering se besluite. Daarvoor aanvaar ons volle verantwoordelikheid. Ons is nie skaam vir die besluite wat ons neem nie, solank ons die besluite ter wille van ons mense daar buite neem.

Die agb Premier hoef hom nie van hulle te laat bang praat nie. Ons ken hulle almal. Ons weet dat die stof op een of ander stadium sal gaan l en hulle sal die gevolge daarvan moet dra.

Die MINISTER VAN EKONOMIESE SAKE EN TOERISME: Mnr die Speaker, die agb Premier het in sy Openingsrede verwys na die meningspeiling van die NGR verlede maand, wat getoon het dat die Wes-Kaap nou die voorkeur provinsie in Suid-Afrika is, en dit is geen toeval nie. Die afgelope paar jaar het hierdie Provinsie doelbewus 'n koers ingeslaan waarin gefokus is op fiskale konserwatisme, die rasionalisering van die Administrasie, die vermindering van ons personeel en 'n deurlopende stryd om die impak van dwase beleidsrigtings van die nasionale Regering, veral op terreine soos onderwys en gesondheid, op die mense van ons provinsie te beperk.

Dit was 'n koers wat ons nie by die ANC en die nasionale Regering gewild gemaak het nie. Om die waarheid te s, ons is deur hulle vergruis as synde rassiste, gekant teen transformasie en, natuurlik, die standaardreaksie wat ons ook vandag gekry het, "hulle probeer om die priviligie van die wittes in stand te hou". Maar die mense van die Wes-Kaap, en ook baie mense van buite die grense van ons provinsie, is besig om die vrugte van ons benadering te pluk. Dit hou 'n enorme bedreiging vir die ANC in, want sien, as die hele land ewe swak regeer word, is dit baie maklik om gewone mense in 'n toestand van onkunde te hou. As een provinsie egter ooglopend beter as die ander regeer word, gaan mense vroer of later vra wat die verskil is. Die verskil is dat die Wes-Kaap nie deur die ANC regeer word nie. Dit is so eenvoudig soos dit.

Dit is waarom die DP deel van die koalisieregering is. Eerstens is dit om te verseker, saam met ons koalisievennoot, dat hierdie provinsie goed regeer word; om te verseker dat ons infrastruktuur uitgebou word, dat huise gebou word, dat kinders uit arm families goeie onderwys en goeie geleenthede in staatskole kry, dat diegene wat nie private gesondheidsorg kan bekostig nie, goeie behandeling in ons klinieke en staatshospitale kry.

In die tweede plek is dit om te verseker dat die ANC se drang om 'n eenparty staat in Suid-Afrika te vestig, gestuit word. Vir die oorlewing van veelparty demokrasie in hierdie land is dit van lewensbelang dat daar provinsies en munisipaliteite is wat nie deur die ANC beheer word nie. Dit is in die eerste instansie in die Wes-Kaap waar hierdie streep getrek moet word.

Diegene wat dobbel met die toekoms van die koalisie moet weet dat hulle reg in die hande speel van magte wat 'n eenparty staat wil bou, waar kritiek gesmoor word, waar korrupsie net meer en meer sal toeneem, en waar ekonomiese en sosiale rampspoed die uiteinde is. Agb lede hoef nie verder te kyk as Zimbabwe nie. Eergister het ons President R800 miljoen vir Zimbabwe beloof. Gister het Robert Mugabe sy nege opponente in hegtenis geneem. Dit is goeie ondersteuning van demokrasie, n?

Die DP en sy voorgangers het te lank geveg vir ware demokrasie om oop o in sulke dryfsand in te loop. Die beskerming van demokrasie is dikwels moeiliker as die verkryging daarvan.

*Mnr die Speaker, die ANC in die Wes-Kaap bloei omdat hulle nie in hierdie Regering is nie. Al die Kabinetsposte wat reeds voor die verkiesing onder hulle uitgedeel is, het nie gematerialiseer nie. Die Patrick McKenzies en Chris Aprils wat met beloftes van ho poste en mag gelok is, bevind hulle skielik met verpletterde drome. Vir 'n party wat mag bo beginsels verkies, is dit beslis 'n bed vol spykers.
Wat doen hulle om hul pyn te verlig? Sedert 15 Junie 1999, die dag toe hierdie Regering ingesweer is, het hulle oortuigde voorspellings die wreld ingestuur dat die koalisieregering aan die skeur was, deur te s dat dit op sy laaste bene staan en dat ons nie oog tot oog kan kyk oor hierdie of daardie saak nie. Dit is alles metodes van destabilisering en misleiding, bowenal om hulle baie brose koukus daarvan te weerhou om te skeur. Die probleem met 'n party sonder enige koherente beginsels is dat hulle "patronage" nodig het om hulle bymekaar te hou, en in hierdie Provinsie word daardie geleentheid hulle juis onts.

Intussen gaan die koalisieregering voort met wat enige ordentlike regering moet doen - om die lewensgehalte van sy mense te verbeter. Ons koalisie-ooreenkoms sit die beginsels uiteen waarvolgens ons regeer. Dit is 'n saak wat algemeen bekend is.

Toe die nuwe Regering ingesweer is, het ons die mense van hierdie provinsie belowe dat ons binne 100 dae ons program van bestuur sou bring en dit vir openbare bespreking beskikbaar stel. In die tweede helfte van September 1999 het ons presies dit gedoen ... [Tussenwerpsels.] ... deur ons planne in hierdie Huis aan te kondig - ek is jammer as daardie agb lid afwesig was - en ons aksieplanne bekend te stel en geleentheid vir debat te gee. Ons het die sleuteluitdagings wat ons mense in die gesig staar aangespreek - misdaad, werkskepping, tuberkulose en MIV/Vigs, onderwys, die instandhouding en uitbouing van ons infrastruktuur en om ons dienste meer toeganklik en doeltreffend te maak. Hierdie planne is grondliggend tot die begroting wat die agb Minister van Finansies en Ontwikkelingsbeplanning aan die einde van vandeesmaand ter Tafel sal l.

Geen ander regering in Suid-Afrika, insluitende die nasionale Regering, het dieselfde hoflikheid teenoor sy kiesers aan die dag gel nie. Sedertdien hou ons optrede verband met lewering; nie altyd sonder terugslae, probleme of foute nie, maar ons beweeg en die resultate word op die grond gevoel. En die ANC hou net niks daarvan nie.

Oor die afgelope twee jaar, en vandag weer, het hulle hul verbintenis tot die armes aan ons in die Huis voorgehou, terwyl hulle ons aanval vir ons sogenaamde hartelose, elitistiese en rassistiese benadering tot die behoeftiges en die benadeeldes. Die ANC, het ons keer op keer gehoor, het 'n passie vir die armes; slegs hulle kan na hul belange omsien. Wel, al wat ek daarop kan s, is: God behoed! Selfs nie die armes self neem hulle meer ernstig op nie. Hulle begin met hul voete praat.

Ongeveer 20% - luister hierna - van pasinte wat in sommige Wes-Kaapse hospitale l, kom van ander provinsies af, hoofsaaklik die Oos-Kaap. Hulle is arm. Hulle kan nie private mediese sorg bekostig nie.

*Me N NTWANAMBI: Waarom is u so teen die Oos-Kaap gekant?

*Die MINISTER: Wag net 'n oomblik. Meneer, die meeste van daardie pasinte het vir die eerste keer ervaar hoe dit voel om behoorlike mediese sorg te ontvang. Dit is wat ons sal voortgaan om aan hulle en ons eie mense te gee.

'n Groeiende getal swanger vroue wat in ons primre gesondheidsorgklinieke in Khayelitsha geboorte skenk, kom bloot hierheen om geboorte te skenk en gaan dan terug na watter provinsie hulle ook al in woon. [Tussenwerpsels.] Of hulle vertrou nie die mediese sorg wat in hul eie provinsies aangebied word nie, of, erger nog, daardie mediese sorg het in baie gevalle opgehou bestaan. Hulle is die armstes onder die armes! Ons sal voortgaan om hulle te dien. Ons sal primre gesondheidsorg verder verbeter.

AGB LEDE: Hoor, hoor!

Die MINISTER: Ons sal ons akademiese hospitale deur middel van innoverende gesonde vennootskappe beskerm teen die gevolge van nasionale begrotingsinkortings, sodat ons kan voortgaan om geneeshere en verpleegsters vir die hele land op te lei.

Duisende leerlinge uit ander provinsies, van wie baie toegang verkry het met vervalste skoolrapporte, sit op banke in die Wes-Kaapse skole omdat hulle dit as hul enigste kans sien om matriek te slaag en geleentheid in die lewe te kry. Hierdie leerlinge is arm en ons dien hulle graag - maar ons sal nie bedrog duld nie.

Die agb Premier het na die feit verwys dat ons baie beperkte polisiringsmagte het. Ons het 'n onbeholpe nasionale Minister en 'n ietwat ondiplomatiese nasionale Kommissaris, maar ons sal voortgaan om met die hulpbronne tot ons beskikking teen die ho voorkoms van misdaad in ons provinsie te stry.

Met die samewerking van gemeenskappe, veral die kleurlinggemeenskap van hierdie provinsie wat deur die ergste vorms van endemiese misdaad en maatskaplike vernietiging geteister word, sal ons uiteindelik sevier.

Mnr die Speaker, ek wil u nie te lank besig hou met 'n te lang verhaal van ellende in ANC-beheerde provinsies nie. Byvoorbeeld, hoe die Departement van Maatskaplike Welsyn en Pensioene in sekere provinsies gereeld tot stilstand kom, waardeur ou en gestremde mense hulpeloos op straat gelaat word - sommige sonder pensioene vir ses maande en langer. Is dit armoedeverligting? [Tussenwerpsels.]

Danksy die feit dat die ANC voor hul vakbondvriende neerbuig ... [Tussenwerpsels.] ... 4 000 botalliges ... [Tussenwerpsels.] ... verstop die Oos-Kaapse Departement van Landbou en Grondsake se salarisuitbetalings, en hulle het al die werkkapitaal opgeslurp, wat geen geld laat vir die vee om gedip te word nie. Wat is die gevolg? Duisende stuks vee het gevrek ... [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ...

*Ms N NTWANAMBI: Omdat julle tuislande ingestel het; julle wou h hulle moes in die tuislande bly.

Die SPEAKER: Orde! Orde!

*Die MINISTER: ... hulle skree, want dit maak seer om dit te hoor.

*Me N NTWANAMBI: Ek skree nie; ek s vir u die eerlike feite ... [Onhoorbaar.]

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, en omdat die vee gevrek het, ... [Tussenwerpsels.]

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Die agb lid me Ntwanambi kan nie lopende kommentaar lewer nie. 'n Tussenwerpsel hier en daar is aanvaarbaar, maar nie lopende kommentaar nie. Die agb Minister mag voortgaan.

*Die MINISTER: Mnr die Speaker, wat het gebeur? Duisende stuks vee het gevrek en die arm mense ly.

Mnr die Speaker, ek sal nie die Huis te lank besig hou nie. Ons plaasskole wat arm landelike kinders bedien, staan op die punt om gesluit te word omdat die ANC-beheerde Departement van Onderwys nie hulle huis in orde kon kry en die subsidies betaal nie.

Mnr die Speaker, kom ons praat oor die beloftes wat Johnny Issel en die agb lid mnr Fransman aan die vissermanne en -vroue langs die hele suid- en weskus gemaak het. Die goeie vissergemeenskap van Struisbaai is beloftes van kwotas en meer gemaak. Daar is vir hulle ges dat 'n plot grond in Struisbaai vir hulle opsy gesit sou word, waar hulle hul vangste kon prosesseer en vries. Daar het niks van die beloftes van grond gekom nie en hulle het nie 'n enkele kwota gesien nie - maar baie ANC-"cronies" het kwotas gesien!

Die Suid-Afrikaanse Vissers-Aksiekomitee het 'n slegte naam gekry as gevolg van die verbreekte beloftes van die agb lid mnr Fransman van die ANC se visserylessenaar. En die ANC is verbaas dat die vissermanne wat in die dokke en selfs die vakbonde werk, teen hulle draai.

Mnr die Speaker, dit is manne en vroue hierdie wat nie weer gekul sal word nie. [Tussenwerpsels.] Hulle probeer nie eens vra nie. Ek wil graag vir die agb lede oor die vloer s dat hulle nie weer vir ons moet voorskryf oor hulle verbintenis tot die armes nie. Hulle dien nie die armes nie; hulle kul hulle. Vandag het hulle oor rassisme en armoede gepraat, maar daar was nie 'n enkele konkrete voorstel oor hoe die armes gedien kan word nie; dit is net 'n klomp warm lug.

Arm mense kan nie op beloftes en hoogklinkende beleid leef nie - die gebruiklike van die ANC oor die afgelope paar jaar. Arm mense wil gesonde administrasie h, amptenare wat vir werk opdaag, hulle telefone beantwoord en hulle begrotings sorgvuldig en eerlik bestuur. Dit is wat ons met 'n groot mate van sukses probeer doen het, soos getuig kan word deur die arm mense wat hierheen stroom uit provinsies wat deur die ANC beheer word. Ons sal hulle graag dien sonder om 'n addisionele sent van die nasionale Regering te kry.

Mnr die Speaker, dit bring my by die verstommende vertoning van skynheiligheid wat ons oor die afgelope week van daardie kant van die Huis gesien het, oor 'n projek wat niks anders wil doen as om burgers by te staan om hul konstitusionele reg om te stem uit te oefen nie. Dit was goed vir die ANC om voor die verkiesing in 1999 miljoene Suid-Afrikaners - die meeste van hulle was nie ANC-kiesers nie - hul stemreg te ontneem, waaronder honderdduisende kleurlinge in die Wes-Kaap, en waardeur burgers die reg onts is om te stem bloot omdat hulle nie 'n paar strepies in hul IDs gehad het nie.

Dit was goed dat die ANC 'n hegte persoonlike vriend van voormalige President Mandela, en wat saam met sy vrou aan 'n kollege studeer het, as hoof van die sogenaamde Onafhanklike Verkiesingskommissie aangestel het - 'n persoon wat die ANC nie in die geringste mate sou teengaan nie; dit was goed vir die Kantoor van die Adjunkpresident om die organisasie van die registrasieproses oor te neem, ondanks die feit dat die Grondwet vereis dat dit deur 'n onafhanklike verkiesingskommissie bestuur moet word; en dit was goed vir die ANC om as voorsitter van die Afbakeningsraad - wat die Grondwet vereis onafhanklik moet wees - een van die ANC-LPWs van KwaZulu-Natal, kameraad Michael Sutcliffe, aan te stel. Dit is egter nie goed wanneer hierdie Provinsie R5 miljoen op 'n oop en deursigtige manier wil bestee om burgers, veral die behoeftiges en die landelike armes, by te staan om hul IDs te kry en te registreer sodat hulle 'n fundamentele reg om te kan stem uitoefen nie.

Ons in die DP sien hul dubbele standaarde, hul tirades en hul dreigemente vir wat dit is - die patetiese ontvlugting van 'n party wat voorgee in demokrasie te glo, maar slegs as die rels duidelik in hulle guns is. Die laaste ding wat die ANC in hierdie Provinsie wil h, is 'n gelyke speelveld. Ons sal nie gentimideer word nie. In plaas daarvan sal ons, saam met ons koalisievennoot, die Wes-Kaap met verstandigheid en doeltreffendheid regeer, en altyd daarna streef om ons standaarde te verbeter en sterk te staan in ons verbintenis tot die waardes van verdienste, harde werk, meelewing en eerlikheid. Ons sal voortgaan om na die armes uit te reik, en aan hulle die gehalte diens te lewer waarop hulle van 'n bevoegde, verantwoordbare Regering geregtig is.

In die proses sal ons vir die mense van die Wes-Kaap en Suid-Afrika wys wat 'n verskil dit aan die gehalte lewe maak as daar nie onder die wanbestuur van 'n ANC-regering gebuk gegaan word nie. [Toejuiging.]

Mnr H A LEWIS: Mnr die Speaker, gun my die geleentheid om die agb Premier sterkte toe te wens, vir hom as persoon, asook met die verantwoordelikhede wat op sy skouers rus om die Provinsie Wes-Kaap die 21ste eeu in te lei.

Meneer, die aangeleenthede wat die agb Premier in sy Openingsrede aangeraak het, sluit normaal aktuele sake in. Die toespraak was dus oor die algemeen informatief, redelik en volledig, tog sou ek op die volgende aspekte kommentaar wil lewer.

Ten opsigte van die versoek vir 'n eie polisiemag in die Wes-Kaap, is dit moontlik makliker ges as gedaan. Dit is 'n baie sensitiewe saak waaroor 'n mens kundige advies benodig en wat geplaas moet word binne die nasionale konteks van die funksies van die polisie. Die UDM wil graag saam met die agb Premier betoog dat ons eerder met die nasionale Regering in gesprek moet tree oor meer magte en funksies aan die polisie in die provinsies, sonder om die Sentrale Regering se morele verantwoordelikheid vir veiligheid ongedaan te maak.

Mnr die Speaker, die agb Premier moet onthou dat hy die politieke leier in die provinsie is. As sulks is hy die fakkeldraer van hoop van al die mense in die provinsie, en moet hy aan al die mense in die provinsie die gemoedsrus van sekuriteit gee.

Sy Openingsrede was moontlik 'n goeie platform om homself uit te spreek oor hoe hy voel oor die swak dissipline in die Polisie in die provinsie. Ek dink aan twee voorbeelde, die twee polisiemanne van Bishop Lavis wat betrokke was by aanranding in Khayelitsha en die kommissaris wat onder die invloed van drank in 'n ongeluk betrokke was. Dit is die soort dinge wat ek glo die agb Premier as voorbeelde moet gebruik om vir die mense in die provinsie die hoop te gee dat daar iemand is wat bekommerd is en probeer omsien na ons veiligheid en sekuriteit.

Die UDM wil die Provinsiale Regering se poging om te help met kieserregistrasie vir die November 2000 plaaslike regeringsverkiesings volkome steun. Dit is deel van ons verantwoordelikheid om toe te sien dat soveel kiesers as moontlik die geleentheid gegun word om hul stemme in verkiesings uit te bring.

Mnr die Speaker, in sekere geledere bestaan die vrees dat hierdie registrasiepoging deur partye misbruik kan word vir politieke gewin. Dit is seker so dat 'n mens se vrese gebore is uit jou ervaringe van die verlede. Ek wil dus 'n versoek tot die agb Premier rig om alles in sy vermo te doen om hierdie vrese, uit watter geledere ook al, te weerl.

Daar is ook versoeke uit sekere geledere om die geld van die Provinsie aan die OVK te skenk om die registrasieprojek uit te voer. Die UDM sal dit geweldig problematies vind indien ons tot so 'n stap moet oorgaan. Dit is 'n ope geheim dat, hoewel die OVK grondwetlik onpartydig behoort te wees, daar sekere amptenare by die OVK is wie se neutraliteit onder sterk verdenking staan en waaragter 'n mens vraagtekens kan plaas.

Die UDM wil dus versoek dat daar in hierdie registrasiepoging ernstig gekyk sal moet word na die bedigde verklarings om te verseker dat die formaat op die bedigde verklarings waarvan gepraat word, verander word. Ons moet werklik ingaan op die kwessie van foto's, asook foto's wat iewers geplaas sal word, wat verdag kan voorkom. Ons moet moontlik ondersoek instel na die kwessie van berging van die betrokke bedigde verklarings en moontlik maatrels in plek stel om te kyk na die toeganklikheid van hierdie materiaal, nie net deur politieke partye nie, maar deur almal.

Mnr die Speaker, verstedeliking en die gepaardgaande onbeheerste plakkery is 'n werklikheid in ons land en 'n wesenlike probleem waaraan almal van ons sal moet werk. 'n Multiparty-gesprek met die insette van kundiges behoort die beginpunt te wees van 'n soeke na oplossings vir ons in hierdie Provinsie. Hoe gouer hierdie gesprek kan plaasvind, hoe beter sal dit wees vir al die inwoners van die provinsie.

Mnr die Speaker, ek wil my volle steun toes aan die voorgenome Projek Chrysalis. Ons jeug raak by die dag moedeloos en begin glo dat die koms van demokrasie in Suid-Afrika vir hulle geen hoop en toekoms inhou nie. Ek is vol vertroue dat Projek Chrysalis daartoe sal bydra om, in hoe 'n klein mate ook al, genoemde leemte ten opsigte van ons jeug te begin aanspreek.

In die terugrapportering ten opsigte van die ekonomiese opbloei en investering het die agb Premier ook die inisiatief van Oostenryk uitgelig. 'n Mens besef dat hierdie gesprekke aankom sedert die bestaan van die vorige regering in Oostenryk. Ek sou wou glo dat die agb Premier as politieke leier in die provinsie strategies moontlik nie daaroor moes gepraat het of dit uitgelig het binne die konteks van wat in Oostenryk aan die gang is met betrekking tot hul koalisie en oor hoe die hele wreld oor hul koalisie voel nie. Daar is soms 'n fyn lyn tussen die morele ho grond wat 'n mens moet handhaaf en die uitvoering van jou politieke verantwoordelikheid in die provinsie.

Mnr die Speaker, die agb Premier het ook die transformasie van die openbare sektor gemeld. Dit sou interessant gewees het, as hy verder daarop kon voortborduur het, om te sien hoe hy as leier in die provinsie met sy Kabinet al die implikasies en imperatiewe van die Wet op Gelyke Indiensneming in die Provinsie sien. Dit is nie 'n maklike taak nie. Baie van ons het verskillende interpretasies van die hele kwessie van regstelling. As sulks reken ek dit sou belangrik gewees het as hy tog daarop voortborduur het.

*Meneer, ek wil afsluit met 'n aanhaling uit die agb Premier se Openingsrede. Ek haal aan:

Die eer en voorreg om 'n openbare amp te beklee verg groter verantwoordelikheid, trots en patriotisme. Dit verg ook van ons almal wat invloed in die onderskeie kiesersgemeenskappe van ons provinsie het om oor vrede en versoening te praat en die daad by die woord te voeg. Natuurlik kan ons in hierdie Huis van mekaar verskil. Ons moet egter in gedagte hou dat ons koelkop moet bly as ons 'n besluit gemaak het wat die gevolg van 'n demokratiese proses was.

SITTINGSURE

(Voorstel)

Mnr R J KING: Mnr die Speaker, ek stel sonder kennisgewing voor:

Dat die sittingsure op Dinsdag, 15 Februarie 2000, soos volg is: 10:00 tot verdaging.

Goedgekeur.

Die Huis verdaag om 17:38.


AANKONDIGINGS, TERTAFELLEGGINGS EN KOMITEEVERSLAE

TERTAFELLEGGINGS:

Die Speaker:

Wetsontwerp ontvang van die nasionale Parlement en ter Tafel gel deur die Speaker ingevolge Rel 191:

1.	Wetsontwerp op Insolvensie oor Landgrense [W 4-2000].

Wetsontwerp ontvang van die nasionale Parlement en ter Tafel gel deur die Speaker ingevolge Rel 192:

1.	Wysigingswetsontwerp op Toerisme [W 3-2000].

KOMITEEVERSLAG:

1.	Verslag van die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oor die Wes-Kaapse Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp [W 2-2000], gedateer 11 Februarie 2000, soos volg:
Nadat die Staande Komitee oor Finansies, Ontwikkelingsbeplanning en Weddenskappe oorweging geskenk het aan die onderwerp van die Wes-Kaapse Aansuiweringsbegrotingswetsontwerp [W 2-2000], wat na hom verwys is, het hy die eer om soos volg verslag te doen:

Die Komitee betuig sy waardering vir die voorleggings van die provinsiale departemente en wil hulle gelukwens met die gehalte van die inligting wat hulle verskaf het op vrae wat deur die lede gestel is.

Begrotingspos 2: Provinsiale Parlement

Die Komitee het geen getuienis aangehoor oor Begrotingspos 2 nie.



896	MAANDAG, 14 FEBRUARIE 2000



	MAANDAG, 14 FEBRUARIE 2000	897



	MAANDAG, 14 FEBRUARIE 2000	851


